Nuus 09:00
BULLETIN 22 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid wil inklusiewe groei en werkskepping bevorder
# Die Spaanse kabinet keur ’n ekonomiese ondersteuningspakket van 95,7-miljard-rand goed om die impak van oorlog in Iran te beperk
# En, die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens ervaar lae voorraadvlakke
# President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid het vir homself die doelwit gestel om inklusiewe groei en werkskepping te bevorder, armoede te verlig en die hoë lewenskoste af te bring, en ‘n bevoegde, etiese ontwikkelingstaat te bou. Ramaphosa sê vennootskappe tussen die regering, sakeondernemings, arbeid en die burgerlike samelewing moet versterk om meer werk te skep, mense uit armoede te lig, en lewensomstandighede te verbeter:
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie sê hoewel beduidende vordering gemaak is met die uitbreiding van toegang tot onderwys sedert die koms van demokrasie, is daar steeds ernstige uitdagings in die onderwyssektor. SADOU se woordvoerder, Nomusa Cembi, sê baie leerders, veral in township- en landelike skole, ervaar steeds toestande wat hul waardigheid ondermyn. Sy sê dit sluit in onvoldoende infrastruktuur, ‘n tekort aan leer- en onderrigmateriaal, oorbevolking en onvoldoende personeel:
# ActionSA se provinsiale uitvoerende komitee in Gauteng het besluit om Kholofelo Morodi met onmiddellike ingang op voorsorgskorsing te plaas. Die voorsitter, Funzi Ngobeni, sê hierdie besluit volg na die oorweging van ‘n formele klag van tendermanipulasie in die Stad Tshwane wat voortspruit uit bewerings voor die Madlanga-kommissie. Hy sê die komitee het hierdie stap gedoen in ooreenstemming met die party se tussentydse grondwet om die integriteit van die organisasie te beskerm:
# Spanje se kabinet het 80 maatreëls in twee pakkette ter waarde van sal 95,7-miljard-rand goedgekeur om die ekonomiese gevolge van die Midde-Oosterse konflik teen te werk. Die eerste minister Pedro Sanchez het gesê die maatreëls, wat deur die Kongres goedgekeur moet word, sluit in ondersteuning vir die kwesbaarste huishoudings en ‘n vermindering van belasting op elektrisiteit van tot 60-persent. Spesifieke fiskale maatreëls word tans gefinaliseer vir die landbou- en padvervoersektore, wat die hardste deur die wisseling in brandstofpryse getref word. Sanchez sê die maatreëls sal kostebesparings van 3,89-miljard-rand bied, vir nywerhede met intensiewe energieverbruik.
# Motorsport: Max Verstappen het Saterdag van sy frustrerende Formule Een-seisoen probeer vergeet deur in ‘n vieruur-wedren op die Nuerburgring in Duitsland te jaag. Verstappen se Winward-span het die uithouwedren gewen, maar is gediskwalifiseer omdat hulle sewe stelle bande in plaas van die toegelate ses gebruik het. Die tegniese kommissie het die oortreding eers tydens ondersoeke na die wedren opgemerk, wat die beamptes geen ander keuse gelaat het as om die wenmotor te diskwalifiseer nie. Verstappen was sesde in Australië en kon in Sjanghai nie klaarmaak nie. Hy is volgende Sondag terug in Asië vir die Japan Grand Prix.
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens se voorraadvlakke is tans laag. Hospitale landwyd maak staat op ʼn bestendige voorraad bloed om trauma-pasiënte, mense wat groot operasies ondergaan, kankerpasiënte en mense met chroniese bloedsiektes te behandel, en Suid-Afrikaners word gevra om by te dra. Die diens sê bloedskenking weerspieël die ware gees van gelykheid. Een eenheid bloed kan tot drie lewens red, gesinne ondersteun, gemeenskappe versterk en pasiënte ʼn tweede kans op lewe gee.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….