Nuus 09:00
BULLETIN 8 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Steenhuisen sê die regering doen beslissende stappe om die bek-en-klouseer-uitbreking te bekamp
# Die Forum for South Africa sê korrupsie binne die polisie moet beslissend aangespreek word
# En rugby: Die Blitsbokke is deur na die halfeindstryd teen Australië in die Vancouver-Sewes
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die regering van nasionale eenheid doen beslissende stappe om bek-en-klouseer te bekamp, en dit geld vir elke boer en elke dier. Steenhuisen waarsku teen waninligting rondom bek-en-klouseer-entstofbetalings en voeg by die staat het begroot vir die betalings om deur die Wet op Openbare Finansiële Bestuur verwerk te word:
Die Forum for South Africa sê enige strategie om georganiseerde misdaad in die land te bekamp, sal misluk as korrupsie binne die polisie nie beslissend en dringend aangespreek word nie. FOSA-leier, Tebogo Mashilompane, sê daar is ernstige bewerings in baie gemeenskappe van korrupte polisiebeamptes wat met misdaadsindikate saamwerk, dwelmhandelaars beskerm en ondersoeke ondermyn:
# Die Vryheidsfront Plus in Tshwane sê die metro se voortdurende mislukking om verouderende waterinfrastruktuur in Lyttelton en Lyttelton Manor te vervang, stel inwoners se lewens in gevaar. Die party sê volgens die metro se eie ramprisikobestuursverslag vir 2024/2025 het 63 sinkgate regoor die stad gevorm, met 88-persent hiervan nie deur natuurverskynsels veroorsaak nie, maar deur waterlekkasies in ou pype. Wesley Jacobs, van die party sê dit verhoog die risiko van verdere insakking en sinkgate:
# Die Afrika-ontwikkelingsbankgroep doen ‘n beroep vir groter ondersteuning vir landbouprojekte wat deur vroue in Afrika gelei word. Internasionale Vrouedag word vandag wêreldwyd gevier en Jemimah Njuki van die bank sê sedert die bekendstelling van sy vrouegeleide Stapelvoedsel Koöperatiewe Inligtingsprojek in 2022, is 322 vrouegeleide koöperasies geteiken en meer as 21-duisend-300 vroue positief beïnvloed. Sy sê die program het ook meer as een-duisend-500 vroue toegerus met funksionele geletterdheidsopleiding.
# Rugby: Die Blitsbokke het tot dusver die naweek oortuigende oorwinnings in die Vancouver Sevens-toernooi in Kanada behaal. Suid-Afrika het Groep A oorheers met drie agtereenvolgende seges, teen Groot-Brittanje met 21–5, Spanje met 28–7 en Nieu-Seeland met 17–12. Hulle speel vanaand om tien-30 in die halfeindstryd teen Australië.
# En ten slotte: Met stormweer in Gauteng vra die Johannesburgse Noodbestuursdienste geloofsorganisasies om nie riviere te besoek vir doop- en reinigingsrituele nie. Dit is om voorvalle te voorkom waar gemeentelede meegesleur kan word. ‘n Woordvoerder Robert Mulaudzi sê motoriste word versoek om versigtig te wees terwyl hulle bestuur, ‘n veilige volgafstand te handhaaf en nie oorstroomde paaie en laagliggende brûe oor te steek nie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….