Nuus 09:00
BULLETIN 5 Februarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Geordin Hill-Lewis word beskou as die voorloper in die DA se leierskapswedloop
# MISA verwelkom Suid-Afrika se insluiting in die verlenging van AGOA
# En die Britse premier sê hy berou die aanstelling van Peter Mandelson as Amerikaanse ambassadeur
# Die burgemeester van Kaapstad Geordin Hill-Lewis word beskou as die voorloper vir die volgende leier van die DA. John Steenhuisen, wat die DA sedert 2019 lei, gaan nie vir ‘n derde termyn beskikbaar wees by die party verkiesingskongres in April nie. Die formele aansoekproses vir die Verkiesingskongres open op 27 Februarie. Hill-Lewis het lof ontvang vir sy bestuur van die metro. Ander name wat genoem word is die party se leier in Gauteng, Solly Msimanga, en Chris Pappas, die burgemeester van die uMngeni-munisipaliteit in KwaZulu-Natal.
# Die motorbedryf se personeelvereniging, MISA, verwelkom Suid-Afrika se insluiting by die verlengde Wet op Groei en Geleenthede in Afrika en sê dis noodsaaklik vir die land se uitvoer van voertuie en voertuigonderdele. AGOA, ‘n belangrike handelsooreenkoms wat duisende Afrika-produkte belastingvrye toegang tot Amerikaanse markte gee, is met ʼn jaar verleng. MISA-woordvoerder, Sonja Carstens, sê tussen Augustus 2024 en AGOA se vervaldatum, het Suid-Afrika se voertuig- en onderdele-uitvoere na Amerika op ʼn jaarbasis met 55-persent gedaal:
# Die departement van Water en Sanitasie het ‘n veiligheidsbevel aan die Shamile Gemeenskap se eienaarsvereniging, die eienaar van die Senteeko-dam in Mpumalanga, gerig om dadelik op te tree en die dam te stabiliseer om verdere skade te keer. Dit volg nadat tegniese ondersoeke bevestig het die dam is in ‘n gevaarlike en onveilige toestand. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê na die swaar reënval in Januarie het die dam se oorloopstruktuur ernstige en onherstelbare skade opgedoen:
# Die Britse eerste minister Keir Starmer het erken hy het geweet van Peter Mandelson se langtermynbetrokkenheid by die oorlede finansier en veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein voordat hy as ambassadeur in Amerika aangestel is. Die gewese minister van Arbeid word ondersoek vir sy klaarblyklike bekendmaking van sensitiewe mark-inligting en e-posse van Downingstraat aan Epstein terwyl hy in die regering gedien het. Starmer sê Mandelson het die land verraai deur sy betrekkinge met Epstein:
# Sokker: Manchester City is gemaklik deur na hul tiende Carabao-beker-eindstryd nadat hulle Newcastle United op die Etihad-stadion met 3-1 verslaan het. Hulle het in die tweede afdeling se halfeindstryd op punte met 5-1 gewen. City was reeds 2-0 voor na die eerste afdeling en het hul greep versterk met twee doele van Omar Marmoush en een van Tijjani Reijnders om Pep Guardiola se span se oorwinning te verseker. Anthony Elanga het Newcastle se enigste doel aangeteken. City en Arsenal takel mekaar op 22 Maart in die eindstryd op Wembley.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-13-sent teen die dollar, 19-rand-2-sent teen die euro en 21-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 70-duisend-783-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-882-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 67-dollar-72-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….