Nuus 09:00
BULLETIN 18 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa beklemtoon die Nasionale Dialoog moet burgergedrewe wees
# Die Wêreldbank projekteer ’n beskeie groei vir Suid-Afrika in 2026–27
# En sokker, die AFCON-eindstryd tussen Marokko en Senegal sal Afrika se beste bepaal
# President Cyril Ramaphosa sê hy vertrou die 99 lede van die Nasionale Dialoog-bestuurskomitee en beskryf dit as solied, geloofwaardig met ‘n deurslaggewende verantwoordelikheid. Ramaphosa het virtueel aan die komitee se instelling deelgeneem en gesê die liggaam sal strategiese prioriteite stel en die dialoogproses koördineer. Hy het beklemtoon die inisiatief moet inklusief en burgergedrewe wees, wat alle Suid-Afrikaners toelaat om vrylik deel te neem en eienaarskap te neem van die land se toekoms:
Intussen sê adjunkpresident Paul Mashatile die regering en rolspelers is gereed om die Nasionale Dialoog van stapel te stuur. Hy het by die instelling van die reëlingskomitee in Pretoria gesê daar is ten spyte van spanning, algemene konsensus. Mashatile beklemtoon ook inklusiwiteit en sê nalatenskap-stigtings en afwykende stemme moet betrek word. Hy sê tydlyne sal later vanjaar tydens munisipale verkiesings hersien word:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, het SANParke geloof vir sy proaktiewe beplanning en vinnige optrede tydens die oorstromings in die Krugerwildtuin. Aucamp het die media toegespreek en bevestig geen beserings of sterftes is aangemeld nie. Swaar reënval die afgelope weke het veroorsaak dat riviere oorstroom, paaie gesluit word en kampe in die noorde is veiligheidshalwe ontruim. Hy sê diere het ook begin om na hoër gebiede te beweeg:
# Die Wêreldbank se jongste vooruitsig dui daarop dat Suid-Afrika se bruto binnelandse produk na verwagting tot ongeveer 1,4-persent in 2026 en tot ongeveer 1,5-persent in 2027 sal groei. Dit word ondersteun deur voortgesette hervormings in sleutelgebiede soos energie en logistiek, tesame met stygende openbare beleggings. Privaat verbruik en sektorbeleggings word gesien as die belangrikste dryfvere vir groei, ondersteun deur doeltreffende openbare besteding en om beperkings aan die aanbodkant te verlig.
# En sokker: Nigerië se Super Eagles het hul uitsonderlike bronsmedalje-rekord by die Afrikabekertoernooi verbeter toe hulle Egipte in Marokko met 4-2 verslaan het. Die uitspeelwedstryd vir derde plek was 90 minute lank sonder doele en die uitslag is met strafdoele beslis. Nigerië se doelwagter, Stanley Nwabali, het Egipte se regtervleuel, Mohamed Salah, en voorspeler Omar Marmoush se pogings gefnuik om die oorwinning te verseker.
Die toernooi se eindstryd vind vanaand plaas wanneer Senegal en gasheer Marokko mekaar op die Prince Moulay Abdellah-stadion in Rabat takel. Die skouspel sal bepaal wie die Afrika-kampioen is en albei spanne sal probeer om hul tweede AFCON-titel te buit. Vanaand se wedstryd word beskryf as King’s Last Stand versus Prince of Rabat, met die Senegalese linkervleuel, Sadio Mané, en Marokko se kaptein, Achraf Hakimi, wat mekaar ontmoet. Die stadion sal na verwagting vol wees, met meestal Marokko-ondersteuners.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….