Nuus 09:00
BULLETIN 21 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Kodwa sê Nelson Mandela is ‘n integrale deel van Suid-Afrika se erfenis
# RISE Mzansi se leier sê misdaad keer beleggings in die land
# En, krieket: Flink kolfwerk verseker seges vir Joburg Super Kings en Sunrisers Eastern Cape in SA20
# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, sê oud-president Nelson Mandela is ‘n integrale deel van die Suid-Afrika se erfenis. Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap het verlede maand, saam met die departement en die Robbeneiland-museum, ‘n appèlaansoek ingedien oor die Hooggeregshofbeslissing oor die ongeoorloofde uitvoer van items vir tentoonstelling of verkoop, wat met Mandela assosieer word. Die departement se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê terwyl die saak steeds voor die hof dien, het hulle met kommer kennis geneem van die beplande veiling van items wat die staatsman verbind word:
# Rise Mzansi se nasionale leier, Songezo Zibi, sê misdaad keer beleggings in Suid-Afrika en mense kan nie ondernemings begin of bedryf wanneer hulle daagliks beroof of vermoor word nie. Zibi het by die party se bekendstelling van sy People’s Manifesto by die Heartfelt Arena in Pretoria gepraat. Hy voeg by beleggers kan nie belê wanneer daar ‘n kragkrisis is nie en die ekonomie kan nie groei as daar geen elektrisiteit is nie:
# Suid-Afrikaners sal ‘n vertraging in die bekendstelling van die nuwe kredietkaartstyl-rybewys ervaar, aangesien die huidige kaarte, wat na verwagting in April uitfaseer sou word, nou uitgestel is. Die Bestuurslisensie Kaartrekening noem ‘n gebrek aan ‘n vereiste drukmasjien as die oorsaak, wat lei tot onsekerheid oor die datum van uitreiking. Die opgegradeerde lisensie beloof verbeterde sekerheid met biometriese data, hologramme en watermerke om bedrog te bekamp. Die woordvoerder van die Departement van Vervoer, Collen Msibi, skryf die vertraging toe aan uitdagings in die tenderproses en die soeke na ‘n geskikte diensverskaffer vir die bygewerkte kaarte.
# ‘n Missielaanval op die Siriese hoofstad Damaskus het vyf lede van die Iran se elite Rewolusionêre Wagte gedood, insluitend die hoof van die mag se inligtingseenheid. Volgens berigte het ‘n aantal Siriese weermaglede ook in gister se aanval gesterf. Die Siriese weermag sê die vierverdieping residensiële gebou is heeltemal in die aanval vernietig. Iran se ministerie van Buitelandse Sake blameer Israel vir die aanval en hy sê hy behou die reg voor om te reageer. Daar was nie enige onmiddellike kommentaar van Israel nie.
# En, krieket: Donovan Ferreira het die SA20 se vinnigste 50-tal ooit gemoker van net 18 balle af om die Joburg Super Kings te help met ‘n ses-paaltjie oorwinning teen die Pretoria Capitals op die Wanderers. Ferreira het 56 nie uit nie aangeteken, met die Super Kings wat die Capitals se telling van 167 vir nege gejaag het. Op Kingsmead het die Durban Super Giants ‘n nederlaag van vyf paaltjies teen die Sunrisers Eastern Cape gely. Simon Harmer, wat vier vir 18 geneem het – die beste van sy loopbaan – en Tristan Stubbs, met ‘n onoorwonne 66 van 37 balle, was die sterre vir die seëvierende besoekende span.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….