Nuus 09:00
NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 16 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die publiek word aangemoedig om nie paniek-aankope te doen nie aangesien die eiervoorraad geleidelik aangevul word
# Eskom bekom noodsaaklike befondsing vir groot uitbreidingsprojekte
# En, die UWK word geloof vir die skorsing van ‘n student wat van poging tot moord aangekla word
# Die Landboudepartement het die publiek verseker die eiervoorraad word voortdurend aangevul en moedig mense aan om paniek-aankope te vermy. Die departement sê die voëlgriep-uitbreking is nou onder beheer. Die departement se woordvoerder Reggie Ngcobo sê 70-persent van onbesmette plase produseer steeds eiers en hoenders, en die departement hulle het oop invoerpermitte vir eiers en pluimveeprodukte uit verskeie lande:
Speel klankgreep: ENG ReggieonEgg
# Eskom sê hy het befondsing vir die volgende drie tot vier jaar bekom om transmissie-kapitaalprojekte aan te pak. Die kragverskaffer het met netwerk-uitbreidingsprojekte begin waarvan 47 op verskillende stadiums van ontwikkeling is en sal bydra om 37 gigawatt nuwe netwerkverbindingskapasiteit te lewer. Volgens Eskom se transmissieontwikkelingsplan moet sowat 53 gigawatt nuwe opwekkingsvermoë bygevoeg word om teen 2032 aan die verwagte vraag te voldoen. Leslie Naidoo van Eskom sê dit sal ʼn uitdaging wees om vas te stel waar om ná die volgende vyf jaar fondse te kry.
# Die Departement van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede sê hy is bemoedig deur die Universiteit van die Wes-Kaap se besluit om die student te skors wat sy vriendin by ʼn privaat koshuis met ʼn mes gesteek het. Ntembeko Myalo is Saterdag gearresteer nadat hy Sinoxolo Myalo, ʼn student aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, aangeval het. Hy is van poging tot moord aangekla. Die departement sê dis kommerwekkend dat geslagsgeweld en vrouemoord steeds voortgaan ten spyte van jare lange doelgerigte pogings om dit te stop.
# Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Rishi Sunak, sê hy sal nuwe noodwetgewing instel om te bevestig dat Rwanda ʼn veilige land vir asielsoekers is. Dit volg nadat die hooggeregshof die regering se planne verwerp het om mense wat asiel soek na Rwanda te deporteer. Volgens die hof loop asielsoekers gevaar om weer gedeporteer te word en staar moontlik vervolging in hulle tuislande in die gesig. Sunak sê sy regering werk ook aan ʼn nuwe internasionale verdrag met dié Oos-Afrikanasie om die regters se kommer aan te spreek:
Speel klankgreep: ENG SunakOnTreaty
# Sokker: Die uitvoerende hoof van Manchester United, Richard Arnold, verlaat die klub aan die einde van die jaar. Arnold is reeds sedert 2007 by die klub en het sy dank uitgespreek dat hy die span kon dien. Hy was aan die hoof van noemenswaardige ekonomiese groei en het in 2022 die uitvoerende hoof geword. Arnold se vertrek kom te midde van ʼn moontlike transaksie vir sir Jim Ratcliffe om ʼn minderheidsaandeel in die klub te bekom, wat vrae laat ontstaan oor ander veranderings in die sportstruktuur.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-25-sent teen die dollar, 19-rand-78-sent teen die euro en 22-rand-61-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 37-duisend-382-dollar-8-sent. Die prys van goud is een-duisend-962-dollar-11-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 80-dollar-37-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….