Nuus 09:00
BULLETIN 17 Desember 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF sê versoening sal ‘n valse belofte bly
# Die MK-party sê die Dag van Versoening ignoreer diepgewortelde ongeregtighede
# En hokkie: Suid-Afrika verower beide die Nkosi-bekertitels vir mans en vroue
# Die EFF sê versoening kan nie gevier word terwyl apartheid-era ongeregtigheid, grondonteiening en ekonomiese uitsluiting volgens hom voortduur nie. Dit was gister Versoeningsdag in Suid-Afrika. Nqobile Mhlongo van die EFF sê na drie dekades van demokrasie is apartheidsmisdade nie voldoende aangespreek nie. Sy sê versoening sonder aanspreeklikheid is nie eenheid nie, maar geheueverlies:
Die MK-party sê intussen Versoeningsdag kan nie herdenk word in ‘n land waar swart mense steeds grondbesit ontsê word, hoë werkloosheid ervaar en steeds honger en armoede moet verduur nie. Die MK-party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê die herdenking onteer die opofferings van voorvaders wat hul lewens opgeoffer het om geregtigheid, menswaardigheid en selfbeskikking na te streef:
# Die adjunkminister van Sport, Kuns en Kultuur, Peace Mabe, is geskok en bedroef oor die dood van die radio- en klub-platejoggie Warrick Stock, algemeen bekend as DJ Warras. Hy is gistermiddag deur ‘n onbekende gewapende man in die middestad van Johannesburg vermoor. Mabe sê DJ Warras se moord is ‘n pynlike herinnering dat geweld steeds die lewens eis van mense wat positief bydra tot Suid-Afrika se skeppende ekonomie:
# Die kantoor van die Los Angeles-distriksprokureur het Nick Reiner aangekla van twee gevalle van moord met spesiale omstandighede wat verband hou met die dood van sy ouers. Die Hollywood-regisseur Rob Reiner en sy vrou, Michele, is Sondag in hul huis in Brentwood, Kalifornië, met talle steekwonde dood aangetref. LA se distriksprokureur, Nathan Hochman, sê Reiner word ook onder spesiale omstandighede aangekla omdat hy ‘n mes gebruik het:
# Hokkie: Suid-Afrika as bronsmedaljewenners van die Binnenshuise Hokkie-wêreldbeker, het Australië met 10-4 verslaan en daarmee hul tweede agtereenvolgende Nkosibeker-titel in Wynberg, Kaapstad, gewen. Die speler van die wedstryd, Mustapha Cassiem, het vyf doele aangeteken en sy broer Dayaan Cassiem drie, terwyl Ryan Julius en Keegan Hezlett ook gehelp het om die oorwinning vir die gashere te verseker. Nieu-Seeland het die brons-medalje gewen. Intussen het die SA vrouespan hul eerste Nkosibeker-titel ooit verower deur Australië met 4-3 te klop, met doele deur Edith Molikoe, Tatum Kroutz, Malikah Hamza en Cerian Fourie. Namibië het die bronsmedalje ingepalm.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-75-sent teen die dollar, 19-rand-65-sent teen die euro en 22-rand-45-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-109-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-324-dollar-9-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 59-dollar-39-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….