Nuus 09:00
BULLETIN 26 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Maleisië en Suid-Afrika gaan hul handelsbetrekkinge versterk
# Eskom bespoedig sy planne om krag-vermindering te beëindig
# En Qhawekazi Mazaleni word gekroon as Mej. Suid-Afrika 2025
# President Cyril Ramaphosa en die Maleisiese premier Anwar Ibrahim het ooreengekom om handelsbetrekkinge te versterk. Ramaphosa is op ‘n drienasie-besoek aan Asië. Beide leiers het voortgesette samewerking tussen ministeries en agentskappe aangemoedig. Ramaphosa sê hy sal die deelname van die privaat sektor in velde wat verband hou met spoorvervoer, logistiek en infrastruktuurontwikkeling verwelkom:
# Die MK-party het die waarnemende regterpresident van Gauteng, regter Aubrey Ledwaba, se weiering om spesiale verlof te neem, soos deur hoofregter Mandisa Maya gelas, veroordeel. Dit volg op die onthullings deur senior polisiebeamptes by die Madlanga-kommissie wat beweer dat Ledwaba moontlik ‘n omkoopgeld van 2,5-miljoen-rand aanvaar het om die uitslag van ‘n hofsaak teen die beweerde misdaadbaas Katiso “KT” Molefe te beïnvloed. MK-partywoordvoerder Nhlamulo Ndhlela sê hulle doen ‘n beroep op regter Ledwaba om onmiddellik aan die opdrag gehoor te gee:
# Eskom werk daaraan om krag-vermindering teen 2027 uit te skakel namate Suid-Afrika se elektrisiteitstelsel bestendig word. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê opwekkingsprestasie het aansienlik verbeter, met die energiebeskikbaarheidsfaktor wat 70-persent bereik het en 22 keer oortref is sedert Augustus vanjaar. Sy sê dit weerspieël die sukses van Eskom se opwekkingsherstelplan en verbeterde instandhoudingspraktyke:
# Die Soil of Africa-burgerlike beweging sê hulle eis ‘n omvattende forensiese ondersoek na die Stad Tshwane se watertenkbedrywighede, met die fokus op ‘n volledige oudit van alle tenkerkontrakte, betalings en verskaffers sedert 2022. Die beweging se voorsitter, Bongani Ramontja, sê volgens die stad is net meer as 440-miljoen-rand van sy uitgawes in die 2024/2025-boekjaar gekoppel aan spesifieke instandhoudingsonderbrekings en noodoperasies. Hy sê van die oorblywende 336-miljoen-rand kan nie rekenskap gegee word nie:
# Sokker: Orlando Pirates is gister op dramatiese wyse uit die CAF Kampioeneliga uitgeskakel nadat hulle ‘n strafdoelstryd teen die DRK se St Éloi Lupopo verloor het. Die Buccaneers het ‘n heldhaftige terugkeer gemaak en die tweede ronde met 3-0 by Orlando-stadion gewen met doele van Nemtajela, Mbuthuma en Appollis om die saamgestelde telling op 3-3 gelyk te maak. Na ‘n spannende strafdoelstryd het Lupopo egter kop gehou en met 5-4 gewen om na die groepfase deur te dring.
# En ten slotte: Qhaweki Mazaleni is gisteraand as Mej. Suid-Afrika 2025 gekroon tydens die 67ste glansgeleentheid van die kompetisie by die SunBet Arena in Pretoria. Die 26-jarige skoonheid van die Oos-Kaap het die kroon van die uittredende titelhouer Mia Le Roux ontvang. Mazaleni het teen nege ander deelnemers om die titel meegeding nadat een deelnemer aan die kompetisie onttrek het. Die eerste prinses is Luyanda Zuma en die tweede prinses Karabo Mareka. Mazaleni het ‘n pryspakket ter waarde van meer as drie-miljoen-rand gewen, insluitend ‘n Mercedes-Benz en ‘n dakwoonstel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….