Nuus 09:00
BULLETIN 24 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Nersa wil openbare kommentaar aanhoor oor Eskom se voorgestelde wysigings
# Minister Gwarube verwelkom die strafregtelike klagte teen agt Milnerton High School-leerders
# En die Europese Unie neem sy19de pakket sanksies teen Rusland aan
# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het ‘n konsultasiedokument vrygestel oor Eskom se aansoek om die berekeningsmetode vir heffings op verliese van ingebedde kragopwekkers te wysig. Nersa het in Augustus berekeningsfoute in sy vroeëre veeljarige prysbepaling vir die kragverskaffer verduidelik wat gelei het tot hoër tariewe van 54-miljard-rand vir 2026 en 2027. Nersa-woordvoerder Charles Hlebela sê Eskom wil die gewysigde metode instel in die 2026/2027-boekjaar se program vir standaardtariewe:
# Die MK-party sê hulle gaan ‘n klasaksie teen die regering van nasionale eenheid instel na die dood van verskeie kinders in Naledi, Soweto, in Gauteng, wat verlede jaar vergiftigde snoepgoed geëet het. Die party se woordvoerder, Nathi Nhleko, glo die regering moet aanspreeklik gehou word vir die versuim om kwesbare gemeenskappe te beskerm en voedselveiligheid in winkels te verseker:
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die strafregtelike klagte teen agt leerders van die Hoërskool Milnerton wat betrokke was by die gewelddadige aanval op ‘n Graad 10 leerder, verwelkom. Hulle het gister in die Landdroshof in Kaapstad verskyn op agt aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Borgtog van twee-duisend-rand elk is toegestaan. Die woordvoerder van die departement, Terence Khala, sê die minister het herbeklemtoon dat geweld, boeliegedrag en intimidasie geen plek in onderrig het nie:
# Die Europese Unie het sy 19de pakket van sanksies teen Rusland aanvaar met banke, kripto-geldeenheid-transaksies, energie infrastruktuur en organisasies in Indië en China as teikens. Die sanksies sluit in ‘n verbod op die invoer van vloeibare aardgas uit Moskou van Januarie 2027 af, strenger reëls oor olietransaksies en nuwe optrede teen skepe wat sanksies ontduik. Vyf nuwe banke in Rusland is bygevoeg tot die lys van banke waar transaksies verbied word. Die EU sê die nuwe pakket van sanksies verhoog die druk op die Russiese oorlog-ekonomie aansienlik.
# Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen Jannis Sinner is deur na die kwarteindronde van die Weense Ope in Oostenryk. Die Italianer het sy landgenoot Flavio Cobolli, verslaan met sy oog daarop om die trofee vir ‘n tweede keer omhoog te hou. Tweede gekeurde Alexander Zverev van Duitsland is ook deur na die laaste 16 nadat hy die Italiaanse gekeurde Matteo Arnaldi verslaan het in in sy 50ste oorwinning op toervlak vir die seisoen. Die Fransman Corentin Moutet het Daniil Medvedev se hoop om vir die ATP-eindronde te kwalifiseer geknak deur die Rus te wen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-32-sent teen die dollar, 20-rand-11-sent teen die euro en 23-rand-8-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 110-duisend-995-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-106-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-4-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….