Nuus 09:00
BULLETIN 19 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Richad Mdluli wil sy naam in ere herstel by ad hoc-komitee
# Versoeke dat president Ramaphosa se rol in die ontbinding van die polisietaakspan ondersoek word
# En die ATM vra vir dringende optrede na die Philippi-Oos-skietery
# Die voormalige misdaadintelligensiehoof Richard Mdluli wil ‘n kans kry om sy naam skoon te maak na nuwe bewerings van politieke inmenging. Mdluli het ‘n brief gestuur aan die Parlement se ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek, met die versoek om te reageer op bewerings teen hom. Dit volg nadat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, aan die Madlanga-kommissie gesê het oud-polisieminister, wyle Nathi Mthethwa, het na bewering druk op intelligensiebeamptes geplaas het om ‘n saak te laat vaar. Hy hou vol dat hy onregverdig geteiken is en is gereed om te getuig.
Intussen het die Activists and Citizens Forum ‘n ondersoek versoek na bewerings dat president Cyril Ramaphosa die ontbinding van die Politieke Moordtaakspan goedgekeur het. Dit volg na die geskorste polisieminister Senzo Mchunu se getuienis voor die Parlement se ad hoc-komitee, waarin hy verklaar het dat die president met sy besluit saamstem. Die forum se woordvoerder Dennis Bloem sê as hierdie bewerings waar is, moet die president aanspreeklik gehou word vir die goedkeuring van ongrondwetlike optrede:
# Die African Transformation Movement het die gewelddadige skietery in Philippi-Oos wat Vrydagaand sewe lewens geëis het veroordeel. Die party het hartseer en verontwaardiging uitgespreek en gevra vir vinnige geregtigheid en sterker optrede teen geweldsmisdaad. Die ATM het wetstoepassers aangespoor om beslissend op te tree terwyl hulle pleit vir langtermynoplossings vir armoede, werkloosheid en geweerbeheer. Die party het ook ‘n geregsgebaseerde doodstraf vir herhaalde oortreders voorgestel en ‘n beroep gedoen op eenheid om veiligheid in gemeenskappe te herstel.
# Die kantoor van die Israelse eerste minister sê Benjamin Netanyahu het beveel dat die Rafah-kruising tot verdere kennisgewing gesluit moet bly. Die kantoor sê die opening van die kruising sal oorweeg word op grond van Hamas se vordering met die terugbesorging van die oorledene gyselaars en die toepassing van die ooreengekome raamwerk. Die Palestynse ambassade in Egipte het vroeër gesê die grensoorgang tussen Gaza en Egipte sal Maandag oop wees vir Palestyne wat na Gaza wil terugkeer, maar dit is onduidelik of dit sal voortgaan.
# En rugbynuus:
# ‘n Triomfantlike Ulster-span het die Haaie met 34-26 in Durban geklop om slegs hul derde Verenigde Rugbykampioenskap-oorwinning op toer die afgelope jaar te behaal. Die Ulster-oorwinning was selfs meer indrukwekkend, aangesien dit teen ‘n Haai-span was wat hul ster-Springbokke teruggebring het, met die uitsondering van die beseerde Aphelele Fassi. Ulster was doeltreffend en klinies maar die Haaie se vele foute het gewys dat hulle vir ‘n land tyd nie saam gespeel het nie. Hulle speel volgende Saterdag in ‘n vyfde ronde-wedstryd teen Scarlets, en moet nog hul eerste oorwinning in die kompetisie behaal.
En, nog ‘n kragtige voorspelervertoning gesteun deur die briljantheid van Sacha Feinberg-Mngomezulu in die agterlyn, het dit vier uit vier vir die Stormers gemaak in hul Rugbykampioenskap-veldtog toe hulle Zebre Saterdagaand met 31-13 in Parma geklop het. Dit was die derde van vier wedstryde dat die Stormers daarin geslaag het om ‘n bonuspunt vir vier drieë te kry, en hul posisie bo-aan die puntelys na die vierde ronde te behou. Met 19 punte is hulle op dieselfde aantal as Munster, maar met ‘n aansienlik beter differensiële punteverskil.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….