Nuus 09:00
BULLETIN 14 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party werk vir ‘n beslissende oorwinning in die 2024-verkiesing
# Minister Nkosazana Dlamini-Zuma kondig haar uittrede uit die parlement aan
# En, rugby: Die Bulle domineer in die Kampioenebeker
# President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen op ANC-partylede en -ondersteuners om te streef na ‘n doelgerigte en beslissende oorwinning in die komende verkiesing. Ramaphosa beywer hom vir ‘n tweede termyn as president. Hy het ANC-ondersteuners en -lede tydens die 112de bestaansjaarviering in Mbobela, Mpumalanga, toegespreek en die party se verbintenis beklemtoon om ekonomiese heropbou te versnel, die ANC te vernuwe en misdaad en korrupsie te bekamp. Die ANC sal na wat berig word volgende maand sy verkiesingsmanifes bekendstel:
Ramaphosa het die ANC by dié geleentheid ook geprys vir, wat hy noem, sy transformerende impak op Suid-Afrika sedert 1994. Ramaphosa het uitgelig wat hy bestempel as beduidende positiewe veranderinge in die land in vergelyking met die apartheidsera. Hy sê met die vordering wat die afgelope 30 jaar gemaak is, is vandag se Suid-Afrika ‘n aansienlik verbeterde weergawe. Ramaphosa sê die party se herdenking is ‘n gepaste tyd om die land se prestasies te vier terwyl pogings om die land te verenig voortduur:
# Die ANC se senior nasionale uitvoerende komiteelid en minister in die Presidensie vir Vroue, die Jeug en Mense met Gestremdhede, Nkosazana Dlamini-Zuma, het haar voorneme aangekondig om na 30 jaar as parlementslid uit te tree. Haar besluit val saam met die ANC se deurlopende onderhoude vir sy parlementêre lyste. Dlamini-Zuma is een van die ANC-se langsdienende parlementslede, en is sedert 1994 in die kabinet. Sy het ook van Nelson Mandela se ampstermyn af onder al vyf presidente gedien.
# Die organisasie Vriende van Palestina het Suid-Afrika geloof vir sy morele moed om Israel voor die Internasionale Geregshof te daag. Suid-Afrika het Donderdag tydens mondelinge argumente by die Vredespaleis in Den Haag ‘n saak voorgelê waarin Israel van volksmoord beskuldig word. Israel het sedertdien die bewerings weerlê. Moulana Abdullah Bham van Vriende van Palestina het namens die Palestynse gemeenskap waardering uitgespreek vir Suid-Afrika se steun:
# Rugby: Die Bulle is met een voet in die ronde van 16 van die Kampioenebeker ná gister se dominerende oorwinning. Hulle het een van hulle grootste weg-oorwinnings in Europa behaal en het Bristol 31-17 op Ashton Gate geklop. Die oorwinning kon groter gewees het aangesien die Bulle twee keer in die eerste helfte besluit het om nie pale toe te mik nie. In die laaste sewe minute het Bristol twee keer punte aangeteken. In Durban het die Haaie ‘n 38-7 bonuspunt oorwinning oor Oyonnax in die Uitdaagbeker behaal. Ox Nche en Makazole Mapimpi het beide gesorg vir twee van die Haaie se vier drieë, terwyl Oyonnax een drie gedruk het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….