Nuus 09:00
BULLETIN 13 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika is oortuig hy het ‘n stewige saak voor die Internasionale Geregshof aangebied
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwelkom sanksies teen die sagtewarereus SAP
# En, Kaap Verde word die derde Afrika-land wat deur die Wêreldgesondheidorganisasie malaria-vry verklaar word
# Die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, is tevrede met die land se saak voor die Internasionale Geregshof in Den Haag, Nederland. Israel het homself egter verdedig teen beskuldigings van volksmoord en meen Suid-Afrika het ‘n verwronge prentjie geskets. Lamola het ná Israel se voorlegging op ʼn nuuskonferensie aansprake verwerp dat humanitêre hulpverlening optrede en voortgesette bombardemente versag het, en na die standpunt van die Verenigde Nasies verwys. Hy glo die wet en die regspleging van die hof is aan hulle kant:
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik het die sanksies verwelkom wat ingestel is teen die Duitse sagtewaremaatskappy SAP, wat betrek is by korrupsie by Suid-Afrikaanse staatsondernemings. SAP is opdrag gegee om 2,2-miljard-rand in restitusie te betaal deur korporatiewe alternatiewe geskilbeslegting, met ‘n bykomende 750-miljoen-rand aan die strafregtelike bate-herwinningsrekening. Die uitvoerende hoof van OUTA, Wayne Duvenage, het SAP se betrokkenheid by korrupsie veroordeel en beklemtoon die belangrikheid om indiwidue en maatskappye aanspreeklik te hou vir hulle optrede in Suid-Afrika.
# Die Bank van Namibië het by die Netwerk vir die Vergroening van die finansiële stelsel aangesluit, wat daarop gemik is om sy omgewings- en klimaatrisikobestuur in die finansiële sektor te versterk. Die netwerk is ‘n wêreldwye samewerkende liggaam fokus op die bestuur van risiko’s en die mobilisering van kapitaal vir groen- en laekoolstofbeleggings. Naufiku Hamunime van die bank beklemtoon die verbintenis tot volhoubaarheid en om aan die voorpunt van globale dialoog te bly, en om kennis uit te ruil met eensgesinde sentrale banke, om die finansiële stelsel met groen beginsels te belyn:
# Motorsport: Die Audi jaer Carlos Sainz het gister voorgeloop in die Dakar-tydren, met Sebastien Loeb wat sy tweede skofoorwinning in die Saudi-Arabiese woestyn ingepalm het. Nasser Al-Attiyah se hoop om sy titel te verdedig het in die sandduine verdwyn. Die Spanjaard Sainz, ‘n drie-malige Dakar-wenner, het die 549-kilometer, 48-hour Chrono sesde skof geëindig met ‘n voorsprong van 20 minute en 21 sekondes oor sy Sweedse spanmaat Mattias Ekstrom, met Loeb derde, nege minute agter hulle. Die nege-malige wêreld-tydrenkampioen, Loeb, in sy Prodrive Hunter, het die skof met twee minute gewen, met Sainz tweede en Ekstrom derde.
# En, om mee af te sluit: Die Wêreldgesondheidorganisasie het Kaap Verde malaria-vry verklaar, wat dit die derde Afrika-land maak wat dié status kry. Teen die agtergrond van die voortgesette malaria-uitdaging op die vasteland, met ‘n beraamde 608-duisend sterftes em 250-miljoen infeksies in 2022, is die prestasie geprys deur die WGO se streeksdirekteur vir Afrika, Matshidiso Moeti. Moeti sê, Kaap Verde se sukses onderstreep die vordering wat gemaak word in die stryd teen malaria en verteenwoordig ‘n belangrike mylpaal vir die land in die stryd teen die dodelike siekte.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….