Nuus 09:00
BULLETIN 28 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Pro-Palestynse betogers eis strenger sanksies teen Israel
# Die MK-party verwelkom die beveiliging van die geld vir die nasionale dialoog
# En rugby: Gemengde uitslae vir Suid-Afrika in die VRK-openingsrondes
# Pro-Palestynse betogers eis dringende optrede van die Suid-Afrikaanse regering teen volksmoorde in Palestina met die instelling van die Apartheidswetsontwerp teen Israel om boikotte, disinvestering en sanksies te verseker. Gister het duisende in Kaapstad opgeruk, onder leiding van burgerlike samelewingskoalisies, om strenger sankies teen Israel te bevorder. Die leier van die Global Anti Apartheid Movement, eerwaarde Frank Chikane sê dit is ‘n deurslaggewende stap vir boikotte, disinvestering en sanksies:
Die GOOD-party sê intussen hy sal voortgaan om vir menseregte en waardigheid te staan, tuis en regoor die wêreld. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê hulle staan in solidariteit met die duisende wat gister die strate van Kaapstad ingevaar het in die Massa-optog vir Palestina teen Israel. Hy sê die party het gemeenskappe, bewegings en organisasies verenig en gevra vir geregtigheid, vrede en ‘n einde aan die geweld in Palestina:
# Die MK-party verwelkom die vinnige en positiewe optrede deur die Ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, om te verseker dat die 270-miljoen-rand vir die Nasionale Dialoog veilig is. Dit volg op kommer deur MK-partylede in die parlementêre portefeuljekomitee oor Beplanning, Monitering en Evaluering. Die MK-partywoordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê die Ouditeur-generaal het bevestig dat die toekenning onder haar ouditmandaat val:
# Die Oos-Kaapse provinsiale regering het ‘n multidissiplinêre span saamgestel om klagtes te ondersoek na aanleiding van ontstellende berigte van seksuele misbruik, seksuele teistering en viktimisering van leerders in sommige van die provinsie se hoërskole. Die provinsiale LUR vir Onderwys, Fundile Gade, het verlede week gesê ongeveer sewe onderwysers van Ngangengelizwe High School en St John’s College is voorlopig geskors terwyl die ondersoek voortduur:
# Minstens 100 mense is waarskynlik dood na die ineenstorting van ‘n goudmyngroef in Nigerië se Zamfara-staat. Die groef by die Kadauri-mynterrein in die Maru-plaaslike regeringsgebied het Donderdag ingestort terwyl tientalle mynwerkers ondergronds gewerk het. Reddingsoperasies is tot die naweek uitgevoer. Sanusi Auwal, ‘n inwoner wat by reddingspogings betrokke was, sê ten minste 13 lyke is uit die puin gehaal. Onwettige mynbou is algemeen in Zamfara, waar gewapende bendes dikwels goudvelde beheer, wat geweld en dodelike ongelukke aanwakker.
# En rugby: Die Bulle en Stormers het hul Verenigde Rugbykampioenskap-veldtogte met tuisoorwinnings geopen, maar die Leeus en die Haaie was nie so gelukkig nie. Gister het die Bulle sterk in die tweede helfte teruggekom om die Ospreys met 53-40 op Loftus Versfeld te verslaan. Vrydagaand het die Stormers Leinster met 35-0 op die Kaapstad-stadion oorrompel. Maar die Haaie het ‘n 35-19-nederlaag gely teen die Glasgow Warriors op die Scotstoun-stadion, terwyl die Leeus met ‘n 33-20-nederlaag teen Cardiff op ‘n baie nat Cardiff Arms Park in Wallis tevrede moes wees.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….