Nuus 09:00
BULLETIN 24 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa vra vir beduidende hervormings by die Verenigde Nasies, en veroordeel Israel oor Gaza
# Die Nasionale Vervolgingsgesag se batebeslagleggingseenheid herwin gesteelde eiendomme ter waarde van 144-miljoen-rand
# En, Donald Trump kritiseer die VN omdat hy nie help om oorloë te beëindig nie
# President Cyril Ramaphosa het gevra vir beduidende hervormings aan die Verenigde Nasies, veral die Veiligheidsraad, om ‘n meer billike en verteenwoordigende wêreldorde te weerspieël. Hy het gisteraand die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies toegespreek en Israel se optrede in Gaza sterk veroordeel, dit as “volksmoord” bestempel en die internasionale gemeenskap aangespoor om internasionale reg sonder vooroordeel af te dwing. Ramaphosa het die dringende behoefte aan ‘n tweestaatoplossing vir die Israeli-Palestynse konflik beklemtoon:
# Die Nasionale Vervolgingsowerheid se Batebeslagleggingseenheid het ‘n beslagleggingsbevel van 144-mijoen-rand van die Hooggeregshof in Pretoria verkry om grond te herwin wat van die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling gesteel is. Die bevel volg na ‘n ondersoek deur die Valke se Spesiale Ondersoekeenheid. Lumka Mahanjana van die NVG sê verskeie eiendomme, insluitend die 130-miljoen-rand Randjesfonteinplaas, en ook grond in Hurlingham en Hyde Park, is bedrieglik na privaat eienaars oorgedra:
# ‘n Fabriek wat Indiese infanteriegevegsvoertuie vervaardig, is in Marokko ingewy. Die stap beklemtoon die Suid-Asiatiese reus se toenemende verdedigingvoetspoor. Die inwyding, wat deur die minister van Verdediging van Indië, Rajnath Singh, bygewoon is, volg na ‘n beleggingsooreenkoms wat in September 2024 tussen Nieu-Delhi en Rabat onderteken is. Die fabriek sal na verwagting 100 voertuie per jaar vervaardig, met die eerste besending voertuie wat oor 18 maande gelewer sal word. Die projek sal 90 direkte en 250 indirekte werksgeleenthede skep en mettertyd die vervaardigingskapasiteit verhoog.
# Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy het ‘n belangrike rol gespeel om sewe oorloë te stop, insluitend konflikte tussen die DRK en M23-rebelle van Rwanda, sonder hulp deur die Verenigde Nasies. Trump het afgevaardigdes toegespreek en die VN beskuldig dat hulle nie opgetree het tydens globale konflikte nie. Trump het Iran ook uitgelig en beweer Amerikaanse bomwerpers het Iran se kernaanleg vernietig, wat ‘n 12-dae lange oorlog met Israel beëindig het. Hy het Hamas aangespoor om gyselaars vry te laat en vrede te aanvaar:
# Gholf: Die kaptein van Amerika, Keegan Bradley, sê hy het vandeesweek gewroeg oor wat kon wees as hy homself gekies het om dié naweek in die Ryderbeker-kompetisie te speel. Die 39-jarige kaptein van Amerika – wat 13de die wêreldranglys is – het dit oorweeg om homself as een van die ses kapteinskeuses aan te kondig wat vir Amerika teen Europa speel. Bradley kon die eerste spelende kaptein gewees het het sedert Arnold Palmer in 1963, maar hy het besluit dis beter vir die span as hy op sy pligte as kaptein fokus.
# En om mee af te sluit, die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het in Gqeberha in die Oos-Kaap, die St Peter’s Rainbow Village in South End amptelik as ‘n nasionale erfenisterrein ingewy. Die terrein, voorheen die St Peter’s Anglikaanse Kerk, is deur die Mandelabaai-ontwikkelingsagentskap gerestoureer ter ere van die gemeenskap wat in die 1960’s deur gedwonge verskuiwings ontwortel is. Die minister het die terrein se belangrikheid as ‘n simbool van veerkragtigheid en kollektiewe geheue beklemtoon:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….