Nuus 09:00
BULLETIN 12 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Kubayi versoek ‘n regter om Steve Bikog se geregtelike ondersoek te lei
# Die MK-party wil hê minister Majodina moet bedank oor buitensporige betalings aan waterraadslede
# En die VN waarsku die Israelse aanval in Doha dui op ‘n kommerwekkende styging
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die regterpresident van die Oos-Kaapse afdeling van die Hooggeregshof versoek om ‘n regter aan te stel om die heropening van die Steve Biko-doodsondersoek te lei. Die Nasionale Vervolgingsgesag sal die ondersoek vandag in die Hooggeregshof in Gqeberha heropen. Kubayi se woordvoerder, Terrence Manase, sê die eerste ondersoek na Biko se dood in 1977 het bevind hy is dood aan beserings wat hy in ‘n vermoedelike gestoei met die veiligheidspolisie opgedoen het:
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die G20 se klem op wetenskaplik-gegronde maatreëls, deursigtigheid en samewerking oor standaarde is goeie nuus vir uitvoerders, van vrugte en wyn tot diereprodukte. Hy het gister in Kaapstad aan die FNB-rondetafel deelgeneem waar hy verduidelik het hoe vanjaar se G20 kan help om tasbare voordele vir plaaslike vervaardigers, uitvoerders en landbou-ondernemings in te hou. Steenhuisen sê die regering werk daaraan om tegniese struikelblokke te verwyder, sertifisering te moderniseer en verskaffingslyne oop te hou:
# Die MK-party eis die onmiddellike bedanking van die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina. Dit volg nadat die minister onthul het raadsvoorsitters van talle waterinstellings het aansienlike betalings ontvang vir ‘n beperkte getal vergaderings wat hulle bygewoon het. Die MK-party sê raadslede kos die land jaarliks byna 50-miljoen-rand aan raadsfooie, al gaan die meeste munisipaliteite gedurig gebuk onder waterprobleme. Die party eis ʼn oudit deur die Spesiale Ondersoekeenheid en ʼn moratorium op raadbetalings tot die ondersoek afgehandel is.
# Die Verenigde Nasies waarsku die onlangse Israelse aanval op Katar is ʼn kommerwekkende ontwikkeling wat ʼn nuwe en gevaarlike hoofstuk in die verwoestende konflik kan inlui. Israel het Dinsdag ʼn aanval uitgevoer op Hamas se leierskap in Katar, wat ʼn belangrike bemiddelaar is in gesprekke oor ʼn skietstilstand in Gaza. Vyf Hamas-lede is in die aanval dood. Rosemary DiCarlo van die VN sê die soewereiniteit en territoriale integriteit van enige land, insluitend Katar, moet gerespekteer word:
# Gholf: Ludvig Åberg van Switserland het 8 onder 64 geslaan om met een hou voor te loop saam met Frances Tom Vaillant, na ʼn reën-ontwrigte aanvangsronde van die BMW PGA-kampioenskap by Wentworth, Engeland. Die Suid-Afrikaner Casey Jarvis met sewe onder, is een hou agter in die derde plek. Matt Fitzpatrick van Engeland is twee agter en die Noorweër, Viktor Hovland, Shane Lowry van Ierland, en Justin Rose van Engeland is almal drie houe agter na ʼn vroeë voorsprong. Rory McIlroy van Noord-Ierland is vyf houe agter na ʼn aanvangsronde van 69.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-36-sent teen die dollar, 20-rand-36-sent teen die euro en 23-rand-53-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 115-duisend-371-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-654-dollar-39-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-63-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….