Nuus 09:00
BULLETIN 15 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sal binnekort ‘n besluit neem oor minister Nkabane
# Die GOOD-party sê Suid-Afrika benodig ‘n gemengde energieplan
# En die EU waarsku handel met die VSA kan verdwyn
# Die Presidensie sê die saak van die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, bly ‘n topprioriteit op president Cyril Ramaphosa se aksielys. Die minister word van korrupsie, wangedrag beskuldig en die misleiding van die Parlement oor die aanstellings van die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede se raad. Dit het openbare verontwaardiging ontketen en gelei tot ‘n regs- en parlementêre ondersoek. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president het ‘n verslag oor die saak ontvang, en die kwessie behoort binnekort afgesluit te word.
# Die GOOD-party sê Suid-Afrika is agter sy BRICS-vennote en die wêreld wat die oorskakeling na goedkoper, veiliger en hernubare elektrisiteitsbronne betref. Navorsers reken besoedeling van die land se steenkool-gedrewe kragstasies veroorsaak jaarliks sowat twee-duisend voortydige sterftes. GOOD se Nasionale Jeug-voorsitter, Kaden Arguile, sê elektrisiteit van wind- en sonkrag is goedkoper en veiliger vir mense. Hy sê Suid-Afrika kan nie teruggaan op die lang lys internasionale klimaatsverdrae wat hy onderteken het nie:
# Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het Kapenaars aangemoedig om betrokke te raak by die Stad se Langtermynplan vir die volgende 25 jaar, met openbare deelname tot 12 September. Die plan sluit in ingrypende hervormings aan dienste, infrastruktuur en die streeksekonomie. Die burgemeester se woordvoerder, Lyndon Khan, sê Kaapstad se Visie 2050 het twee hoofdoelwitte voor oë: om ‘n metro van geleenthede vir almal te skep, en een wat toekomsgerig en geskik is vir die uitdagings van die volgende 25 jaar:
# Die Europese Unie waarsku sy handel met die VSA kan uitgewis word indien president Donald Trump sy dreigement uitvoer om ‘n 30-persent-tarief op invoere op die 27-nasies-blok in te stel. Die bilaterale handelsverhouding tussen die EU en die VSA verteenwoordig byna 30-persent van die wêreldwye handel in goedere en dienste. Trump het die EU herhaaldelik tereggewys oor wat hy as onbillike handelspraktyke beskou. Die EU-handelskommissaris, Maroš Šefčovič, sê hulle benader die gesprekke met Amerika te goeder trou en konstruktief:
# Tennis: Aanlyn teistering van spelers het byna vervierdubbel gedurende die eerste week van Wimbledon teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. BBC Sport berig dat een-duisend-902 beledigende boodskappe aan spelers gestuur is op openbare rekeninge teenoor 511 in 2024. Die tweemalige-kampioen, Carlos Alcazaz van Spanje, sê hy het wrede sosiale media-boodskappe ontvang nadat hy in Sondag se eindstryd teen die Italiaanse wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, verloor het. Die vroue-naaswenner, Amanda Anisimova, sê sy was te bang om na haar foon te kyk nadat sy 6-stroop, 6-stroop teen Iga Swiatek van Pole verloor het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-88-sent teen die dollar, 20-rand-88-sent teen die euro en 24-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 117-duisend-296-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-360-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-24-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….