Nuus 09:00
BULLETIN 7 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA is daartoe verbind om die oorsaak van onwettige grondgrype aan te spreek
# Rassie Erasmus is teleurgesteld in die Bokke se vertoning op Eden Park
# En tennis: Sabalenka verslaan Anisimova om die Amerikaanse Ope-kroon te behou
# Die DA sê hy is daartoe verbind om die oorsaak van onwettige grondgrype aan te spreek, nie net die simptome nie. Die party sê hy het wysigings aan die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsettings in die Parlement voorgestel wat die aanhitsing en organisering van grondgrype vervolgbaar sal maak. Luyolo Mphithi van die DA sê die Wetsontwerp bied ‘n wettige pad om kwesbares te beskerm, eiendomsregte te handhaaf en munisipaliteite te bevry van die eindelose besettings:
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê wyle ambassadeur Mninwa Johannes Mahlangu was deurslaggewend in die bevrydingstryd om Suid-Afrika se demokrasie te ontwikkel en koester. Mashatile het die lofrede gelewer tydens die spesiale amptelike begrafnis vir Mahlangu in Middelburg, Mpumalanga. Mahlangu is op 24 Augustus op 72-jarige ouderdom in die hospitaal oorlede na ‘n kort siekbed. Mashatile sê Mahlangu het deelgeneem aan die opstel van die land se demokratiese Grondwet en daarna in die eerste Parlement gedien:
# Die DA in die Wes-Kaap het die provinsiale Departement van Gesondheid en Welstand se nuut aanvaarde People’s Strategy verwelkom om mediese personeel te lok en te behou. Die party sê gesondheidsfasiliteite kan nie sonder voldoende personeel funksioneer nie, en toegang tot gehalte-gesondheidsorg is ‘n basiese grondwetlike reg. Memory Booysen van die DA sê die strategie is daarop gemik om werwing te versterk deur gesondheidsorg as ‘n voorstelinie-diens te erken:
# En Sportnuus:
# Rugby: Rassie Erasmus is gefrustreerd deur die Springbokke se foute in hul 24-17-nederlaag teen die All Blacks in die Rugbykampioenskap-wedstryd op Edenpark gister. Suid-Afrika het vinnig teruggesak tot ‘n 14-0 agterstand ná drieë deur Emoni Narawa en Will Jordan. Die Bokke het hierna alles in die stryd gewerp maar kon nie die agterstand voor rustyd inhaal nie, met Handre Pollard wat slegs met ‘n strafskop in die eerste 40 minute geslaag het. Erasmus erken die maklike voorsprong van die All Blacks kon nie ingehaal word nie:
# Tennis: Wêreld-nommer-een Aryna Sabalenka van Belarus het Amanda Anisimova gister oorrompel, om haar Amerikaanse Ope-kroon te verdedig en haar Amerikaanse mededinger in skoon stelle verslaan om die vierde Grand Slam-titel van haar loopbaan te beklink. Sabalenka het Anisimova se wankelrige afslaanspel genadeloos aangeval om ‘n oorwinning in twee stelle op die Arthur Ashe-stadion te behaal, wat haar status aan die toppunt van vrouetennis bevestig. In die manskompetisie verwag die heersende kampioen Jannik Sinner vandag nog ‘n kroon teen Carlos Alcaraz nadat die Italianer Vrydag sy vyfde agtereenvolgende Grand Slam-eindstryd gehaal het.
# En motorsport: Max Verstappen van die Red Bull-span het vir ‘n verstommende voorste wegspringplek in die Italiaanse Grand Prix gekwalifiseer en ‘n nuwe ronde-rekord op Monza opgestel. Hy het die McLaren-duo geklop, met Lando Norris wat tweede gekwalifiseer het en die kampioenskaps-voorloper Oscar Piastri derde. Ferrari se Charles Leclerc sal tot groot vreugde van die tuisskare vierde wegspring. Lewis Hamilton wat vyfde gekwalifiseer het sal volgens ‘n vorige straf vandag se wedren in tiende plek begin.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….