Nuus 09:00
BULLETIN 5 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die speaker van die Nasionale Vergadering oorweeg nog die MK-party se wantrouemosie teen Ramaphosa
# Minister Steenhuisen is bekommerd oor die onwettige vervoer van diere te midde van die bek-en-klouseer-uitbreking
# En sokker: Die Premierliga-spanvoorsitter met die langste diens, Daniel Levy, tree uit by Tottenham
# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sê sy oorweeg nog die MK-party se wantrouemosie teen president Cyril Ramaphosa. Die mosie is verlede maand ter tafel gelê in die lig van aantygings wat die kommissaris van polisie van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, teen die Minister van Polisie Senzo Mchunu gemaak het. Dit het plaasgevind toe die party die Konstitusionele Hof genader het om die aanstelling van professor Firoz Cachalia as waarnemende minister van polisie, teen te staan. Die MK-party het sy saak in die hoogste hof verloor. Hy wil ‘n geheime stemming hê wanneer daar vir die mosie gestem word.
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê pogings om bek-en-klouseer te bekamp en te beveg word belemmer deur mense wat diere onwettig vervoer. Die minister het gister Rysmierbult buite Ventersdorp in Noordwes besoek om toesig te hou oor ‘n bees-inentingsveldtog. Daar is sowat 274 uitbrekings van die siekte in vyf provinsies met KwaZulu-Natal wat die ergste getref is. Steenhuisen sê samewerking is nodig om die siekte te bestry:
# Die Stad Johannesburg sê hy het in die 2024/2025 boekjaar meer as 2,7-miljard-rand se kortings aan eiendomseienaars gegee. Die metro se kortings bied verligting aan onder meer duisende huishoudings, pensionarisse, behoeftiges, die onderwyssektor en hoëdigtheid woongebiede. Die woordvoerder van die metro, Nkosana Lekotjolo, sê met die verskeie kortings, gaan hulle voort om te reageer op finansiële probleme waarmee eienaars van eiendom te doen kry:
# Sokker: Tottenham Hotspur se uitvoerende voorsitter Daniel Levy het uitgetree na byna 25 jaar in die rol. Die 63-jarige, wat die Premier Liga se voorsitter met die langste diens is, het in Desember 2000 ‘n aandeel van Spurs by Alan Sugar gekoop. In sy dienstyd het Spurs die ligabeker gewen en meer onlangs, in Mei vanjaar, die Europese Liga waarvoor die klub 17 jaar gewag het. Levy sê hy is baie trots op die werk wat die uitvoerende span gedoen het om die klub tot ‘n wêreldwye swaargewig op te bou.
# Die Departement van Gesondheid het bevestig die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het ʼn suksesvolle oogoperasie by die Chris Hani Baragwanath Hospitaal se Sint John-oogkliniek in Johannesburg ondergaan. Die minister het ʼn oogprobleem gehad wat die operasie genoodsaak het. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die kliniek is ʼn regeringsfasiliteit wat behandeling bied vir verskeie oogkwale soos gloukoom, en retina- en kornea-probleme:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-72-sent teen die dollar, 20-rand-68-sent teen die euro en 23-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 111-duisend-264-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-558-dollar-12-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 66-dollar-72-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….