Nuus 09:00
BULLETIN 1 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Suid-Afrikaanse regering vra vir ‘n onmiddellike einde aan die dodelike konflik in Soedan
# Die nakoming van billike indiensnemingsvereistes vir maatskappye tree vandag in werking
# En die VF Plus wil duidelikheid hê oor Tshwane se skuldverligtingsprogram
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê die voortslepende burgeroorlog in Soedan hou ‘n groot bedreiging in vir die land en omliggende streek se bestendigheid en ekonomiese vooruitgang. Die konflik tussen die Soedannese Weermag en die Rapid Support Forces wat in April 2023 uitgebreek het, het meer as 150-duisend lewens geëis. die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê daar is ʼn dringende behoefte dat die geweld beëindig word omdat menseregteskendings daagliks plaasvind:
# Ekonome waarsku oor die risiko dat Suid-Afrika van die wêreldwye internetbetaalstelsel, SWIFT, afgesny word. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het na wat berig word verlede week sy kommer uitgespreek oor die VSA-sanksies wat kan lei tot die afsnyding deur die VSA. SWIFT stel banke wêreldwyd in staat om betalings te versnel en te verseker dat dit veilig en seker is. Die hoofekonoom van Aluma Capital, Frederick Mitchell, sê die gevolge van die verlies aan toegang tot SWIFT se gevolge kan die nasionale bestendigheid en toekomstige groeivooruitsigte ondermyn.
# Die Vryheidsfront Plus eis duidelikheid van die Stad Tshwane oor die statutêre grondslag van die skuldverligtingsprogram, en die uitwerking daarvan op die metro se kontantvloei. Die program is ingestel om inwoners, besighede, behoeftige huishoudings en bestorwe boedels te help om hul uitstaande munisipale rekeninge te vereffen. Grandi Theunissen van die VF Plus sê inwoners en instellings se totale uitstaande skuld het tot 18,3-miljard-rand gestyg, waarvan nuwe wanbetalings 600-persent hoër is:
# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Carlos Alcaraz van Spanje, is deur na die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope nadat hy Arthur Rinderknech van Frankryk geklop het. Die 38-jarige Serwiër, Novak Djokovic, het die Duitse kwalifiseerder, Jan-Lennard Struff, maklik verslaan om die oudste man in die geskiedenis te word wat die kwarteindronde van al vier majors se enkelspelrondes in een seisoen kon haal. In die vroueafdeling is Aryna Sabalenka van Belarus deur na haar vyfde agtereenvolgende Amerikaanse Ope-kwarteindronde nadat sy met Cristina Bucsa van Spanje afgereken het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-64 sent teen die dollar, 20-rand-66-sent teen die euro en 23-rand-85 sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-550 dollar. Die prys van goud is drie-duisend-473-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 67-dollar-2-sent per vat.
# En ter afsluiting, Wes-Kaapse skole en distrikte het uitgeblink by die Nasionale Toekennings vir Uitnemendheid in Onderwys by die Sandton-konferensiesentrum. Hoër Meisieskool Bloemhof het vir die tweede jaar die Top Presterende Openbare Gewone Skool in Kwintiel 5 gewen, met Rhenish Girls’ High en Rustenburg Girls’ High in die tweede en derde plek. Vredendal Noord Primêr en Bridgton Sekondêr Hhet gewen vir fasiliteite; en Kaapse Wynlande was eerste in Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Rekeningkunde. Die LUR vir Onderwys, David Maynier, het hulle vir uitnemendheid geprys:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….