Nuus 09:00
BULLETIN 9 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA wil ‘n parlementêre ondersoek hê na politieke inmenging in die strafregstelsel
# Die Amerikaanse Hooggeregshof beslis dat Trump kan voortgaan met massa-afleggings
# En sokker: Chelsea dring deur na die Klubwêreldbeker-eindstryd
# Die DA doen ‘n beroep vir ‘n gesamentlike parlementêre ondersoek tussen die portefeuljekomitees van Polisie en Justisie om bewerings van korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel te ondersoek. Dit volg op die verdoemende bewerings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, waarby die minister van Polisie, Senzo Mchunu, regstreeks betrek word. Die DA sê ‘n formele parlementêre ondersoek is noodsaaklik om die waarheid te ontbloot, aanspreeklikheid te vestig en die integriteit van die strafregstelsel te herstel. Hy voeg by dat burgers ‘n polisiediens verdien wat vry is van politieke inmenging.
# Die GOOD-party veroordeel die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekuriteitsagentskap se besluit om die Julie-uitbetalings vir duisende begunstigdes vir hersiening te vertraag. Sassa het sommige betalings in Julie vertraag en teiken begunstigdes wat vermoedelik bykomende inkomstebronne het. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die waarheid is dat die hersieningsproses deel is van ‘n breër patroon van uitsluiting:
# ActionSA se vroueforum in Gauteng sê geslagsgeweld is ‘n nasionale krisis wat dringende, gekoördineerde en streng optrede vereis. Die party veroordeel die grusame moord op Letta Ndlovu, ʼn inwoner van Lawley in Johannesburg-Suid. Haar lewensmaat, Ayanda Mthimkhulu, het haar in ʼn voorval van geslagsgeweld vermoor. Die vroueforum se sekretaris, Mpumi Edward, sê Ndlovu se dood moenie net nog ʼn statistiek word nie:
# Die Amerikaanse Appèlhof het ‘n laerhofbevel opgehef wat die omvangryke afleggings van federale werkers deur president Donald Trump se administrasie geblokkeer het. Die besluit kan lei tot honderde duisende werkverliese, insluitend by die departemente van die Tesourie, Landbou, Handel en Gesondheid. Regter Ketanji Brown Jackson was die enigste lid van die regbank van nege regters wat in die openbaar van die besluit verskil het, en beskuldig haar kollegas van onderdanigheid om Trump se wetlik twyfelagtige optrede in ‘n noodsituasie goed te keur.
# Sokker: Chelsea is deur na die Klub-wêreldbekereindstryd nadat hy Fluminense in New Jersey met 2-0 verslaan het. Die 23-jarige Brasiliaan, Joao Pedro, wat verlede week van Brighton by The Blues aangesluit het, het in die 18de minuut ʼn skitterende doel aangeteken en nog een vroeg in die tweede helfte om die oorwinning te beklink. Chelsea kom Sondag in die eindstryd teen óf Real Madrid óf Paris Saint-Germain te staan. Afrigter Enzo Maresca sê dis spesiaal om die eindstryd te haal:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-78 sent teen die dollar, 20-rand-81-sent teen die euro en 24-rand-13 sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 108-duisend-353-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-295-dollar-71 sent per fynons en die prys van Brent ruolie 69-dollar-51-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….