Nuus 09:00
BULLETIN 9 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika se groeiverwagting hang af van energiesekerheid
# Die land se se voorgestelde Geïntegreerde Energieplan word deur kenners gekritiseer
# En, Kaapstad se status as toerisme-bestemming word omarm en gevier
# Groeiverwagting in Suid-Afrika leun swaar daarop dat beurtkrag geleidelik uitfaseer word en hoër vlakke van energiesekerheid bereik word as wat belowe is. Dit is volgens die vierde kwartaal van verlede jaar se Beleidsonsekerheidsaanwyser van Noordwes-universiteit se Sakeskool. Professor Raymond Parsons sê die aanstelling van ‘n nuwe Eskom-hoof is ʼn positiewe stap in die regte rigting. Hy sê die verwagte publikasie van die hersiene konsep- Geïntegreerde Hulpbronplan in die Staatskoerant moet krities beoordeel word.
# Kenners het Suid-Afrika se voorgestelde Geïntegreerde Energieplan gekritiseer wat vir kommentaar uitgegee is. Die konsep is gemik op die omskrywing van hoe elektrisiteitsvoorsiening en -aanvraag tot 2050 gebalanseer sal word. Energiekenners, wat Chris Yelland insluit, het egter hulle ontevredenheid uitgespreek, en noem ‘n gebrek aan duidelikheid en volledige besonderhede oor hoe beurtkrag uit die weg geruim sal word.
# Die liefdadigheidsorganisasie, Action on Armed Violence wat in die Verenigde Koninkryk gebaseer is, het verlede jaar ʼn toename van 122-persent getoon in burgerlikes wat weens plofstowwe dood is. Minstens sewe-duisend-307 plofstof-voorvalle het wêreldwyd voorgekom teenoor die vier-duisend-322 voorvalle die vorige jaar. Die aanvalle het minstens 15-duisend-305 burgerlikes se dood veroorsaak. Die organisasie se navorsing toon die gebruik van wapens wat in die lug afgevuur word, het verlede jaar wêreldwyd met 226-persent gestyg van 519 voorvalle in 2022 tot een-duisend-694 verlede jaar. Konflik in Gaza, Oekraïne, Soedan, Mianmar en Somalië is uitgelig.
# Sokker: Die titelhouers Manchester City kom in die vierde ronde van die FA-beker teen Tottenham te staan. Manchester United, wat Wigan Athletic gister twee-nul verslaan het, speel ʼn wegwedstryd teen óf die tweedeliga-span Newport County, óf die nasionale ligaspan, Eastleigh. Chelsea pak Aston Villa, en Newcastle United en Fulham spook sake uit. Liverpool, wat Arsenal geklop het, speel op sy tuisveld teen Norwich óf Bristol Rovers. Maidstone United, die span heel onder op die punteleer, takel die Kampioenskapspan, Ipswich. Die wedstryde word op die naweek van die 27ste gespeel.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-60-sent teen die dollar, 20-rand-38-sent teen die euro en 23-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-709-dollar-31-sent. Die prys van goud is twee-duisend-32-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 76-dollar-10-sent per vat.
# En ten slotte, ie Stad Kaapstad sê die toerismesektor het die afgelope maande merkwaardig gegroei en dit die middelpunt gemaak van sake-inkomste en die skep van ʼn verskeidenheid werksgeleenthede. In die 2022/2023-seisoen het lugvaart 24-miljard-rand en sowat tien-duisend-600 werksgeleenthede na die Kaap gebring. Passasiersbote het tussen Oktober 2022 en Mei verlede jaar byna 190-duisend passasiers en bemanning verwelkom. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê hulle is daartoe verbind om ʼn toerisme-verwante werk in elke huishouding in Kaapstad te skep:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….