Nuus 09:00
BULLETIN 5 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# John Steenhuisen het nooit gevra om deel te wees van die Nasionale Dialoog nie
# Duisend word in eThekwini verwelkom vir vandag se Durban July
# En ten minste 20 kinders word steeds vermis ná ‘n kitsvloed in Texas
# Die DA-leier John Steenhuisen sê hy het nooit gevra om by die Interministeriële Komitee oor die Nasionale Dialoog aan te sluit nie. President Cyril Ramaphosa het die komitee aangestel. Steenhuisen, wat na verwagting as die minister van Landbou sal bywoon, het op ‘n nuuskonferensie gesê hy het enkele ure voor die eerste vergadering van sy aanstelling te hore gekom. Hy beskuldig die ANC dat hy ander partye uitsluit en waarsku die dialoog is nie deursigtig nie en noem dit ‘n politieke rookskerm:
# Die KwaZulu-Natal LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, het duisende vakansiegangers en gaste verwelkom by die internasionaal bekroonde perdewedren, die Durban July. Die departement se woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, sê tussen 45- en 50-duisend mense word vandag verwag. Hy sê die hooffokus is om te verseker dat motoriste wat die provinsiale padnetwerk gebruik, nie deur misdadigers lastig geval word nie:
# Vandag is Internasionale Koöperatiewe Dag, met die tema “Koöperasies: Die Dryf van Inklusiewe en Volhoubare Oplossings vir ‘n Beter Wêreld”. Die dag belig die belangrike rol van koöperasies in die bevordering van ontwikkeling en vrede. Die wêreldwye beweging strek oor sektore van landbou tot gesondheidsorg en bied innoverende, demokratiese oplossings wat gewortel is in gedeelde eienaarskap. Die dag bevorder ook bewustheid van koöperasies se sukses in die aanspreek van globale uitdagings terwyl hulle ‘n meer regverdige, inklusiewe en volhoubare toekoms bou.
# Ten minste 24 mense is dood in kitsvloede in die Amerikaanse staat Texas. Owerhede het bevestig dat nog 25 mense, waaronder 20 kinders, steeds vermis word. Meer as 700 het die somerkamp bygewoon. Owerhede sê die meeste van die kampgangers is veilig, maar hulle kon nie onmiddellik ontruim word nie omdat hoë watervlakke plaaslike paaie onbegaanbaar gelaat het. Soveel as 25 sentimeter swaar reën het in net ‘n paar uur oor Central Kerr County uitgesak, wat kitsvloede van die Guadalupe-rivier veroorsaak het. Onafhanklikheidsdagvieringe regoor Texas is gekanselleer.
# En ten slotte sportnuus:
# Rugby: Die direkteur van rugby van die Westelik Provinsie, John Dobson, sê die span het hernude fokus en energie vir sy 2025 Curriebeker openingswedstryd teen die Blou Bulle op 26 Julie op die DHL Stadion. Die WP-span het sesde in die vorige seisoen geëindig, en Dobson sê dit is noodsaaklik om die uitspeelwedstryde te haal. Hy het aan SABC Sport gesê die voormalige sterre, Brok Harris en Dewaldt Duvenage het by ‘n verfrisde afrigtingsgroep aangesluit. Dobson sê hy is vasberade om ‘n wenkultuur te herbou en ondersteuners kan opwindende, oop rugby in die veldtog verwag.
# En sokker: Afrigter, Desiree Ellis sê Banyana Banyana se wedstryd in die Afrika-nasiesbeker vir vroue, Maandag teen Ghana in Marokko sal die toon aangee vir die res van die toernooi. Ellis waarsku dat die Black Queens moeilike opponente is wat al drie keer die eindstryd bereik het. Sy moedig Banyana aan om gefokus te bly ten spyte van die onttrekking van Sasol as ‘n borg en betalingsprobleme met die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….