Nuus 09:00
BULLETIN 27 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Macpherson verwelkom die aanstelling van ‘n nuwe raad vir die Onafhanklike Ontwikkelingstrust
# Die EFF verwerp die aanstelling van ‘ANC-lojaliste’ op die raad van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie
# En Zelensky en die Europese Raad stig ‘n tribunaal om Russiese leiers te vervolg
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, verwelkom die Kabinet se aanstelling van ‘n nuwe raad vir die Onafhanklike Ontwikkelingstrust. Macpherson sê die stap bring ‘n einde aan onbestendigheid en leierskapsuitdagings by die trust. Macpherson het die uitgaande raad geloof vir hul pogings en sy vertroue uitgespreek in die nuwe raad se vermoë om goeie bestuur te herstel. Hy het die trust se belangrike rol met die lewering van maatskaplike infrastruktuur aan gemeenskappe in nood, herbeklemtoon:
# Die EFF verwerp die aanstelling van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie se raad en sê dis ‘n voorbeeld van begunstiging en ʼn teken van voortgesette korrupsie. Die party het die aanstelling van Ayanda Dlodlo, Nomusa Dube-Ncube en Sydney Mufamadi veroordeel en sê dit wys hoe die ANC voortgaan om staatsinstellings te kaap deur politieke lojaliteit eerder as bevoegdheid te beloon. Die EFF sê die kaping van die NOK-raad is ʼn poging om ANC-beheer te behou en voort te gaan om staatsinstellings as persoonlike kitsbanke te gebruik.
# Die Kaapstadse se stadsraad het die stad se Invested in Hope-begroting vir 2025/2026 aanvaar. Dit sluit verskeie maatreëls in om plaaslike belasting te verlig, asook ‘n Suid-Afrikaanse rekord 40-miljard-rand-infrastruktuurprogram oor drie jaar. Ook ingesluit is ‘n groot belegging in woonbuurt-polisiëring in elke wyk en die uitbreiding van skoonmaakdienste vir hoofpaaie en stadskerne. Die burgemeester Geordin Hill-Lewis sê dis nie net ‘n begroting nie, maar ‘n verklaring van voorneme:
# Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het ʼn ooreenkoms met die Europese Raad onderteken om ʼn spesiale tribunaal saam te stel. Die tribunaal sal senior Russiese leiers teiken vir die misdaad van aggressie, wat die grondslag is vir tallose oorlogsmisdade waarvan Oekraïne Russiese magte beskuldig sedert die begin van die oorlog in Februarie 2022. Zelensky sê hulle wil geregtigheid verseker vir alle slagoffers en beklemtoon dat misdadigers in die Internasionale Strafhof moet teregstaan:
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Taylor Fritz, is deur na die halfeindronde in sy poging om ʼn vierde Eastbourne-titel te buit. Die Amerikaner het sy landgenoot, Marcos Giron, geklop en kom vandag teen die Spanjaard, Alejandro Davidovich Fokina, te staan. Die Fransman Ugo Humbert en Amerikaner Jenson Brooksby het die Britte se hoop verpletter deur onderskeidelik Billy Harris en Daniel Evans te klop om die halfeindronde te haal. In die vroueafdeling is die Australiese tiener, Maya Joint, en die Rus, Anastasia Pavlyuchenkova, deur na die halfeindronde.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-85-sent teen die dollar, 20-rand-87-sent teen die euro en 24-rand-51-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-475-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-294-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 67-dollar per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….