Nuus 09:00
BULLETIN 26 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Godongwana gelas ‘n ondersoek na die ongenoteerde portefeulje van die Openbare Beleggingskorporasie
# Die DA ondersteun minister Schreiber se identiteitsverifikasiestelsel
# En Trump sê Netanyahu se korrupsieverhoor moet gekanselleer word
# Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het volgens berigte ‘n ondersoek gelas na die beleggings van 170-miljard-rand in die ongenoteerde portefeulje van die Openbare Beleggingskorporasie. Die batebestuurder se ongenoteerde beleggings is veronderstel om klein ondernemings ‘n hupstoot te gee en werk te skep terwyl dit transformasie ondersteun. Die ondersoek sal ook Daybreak Foods insluit, wat slegs 17- miljoen-rand van die 483-miljoen-rand wat die Werkloosheidsversekeringsfonds in 2015 daarin belê het, terugbetaal het. Volgens Business Day word die verslag van die ondersoek in die volgende paar maande verwag.
# Die DA sê hy verwelkom die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, se hervorming van die departement se identiteit-verifiëringstelsel tot wêreldgehalte. Hierdie hoogs verbeterde diens sal staatsdepartemente se dienslewering verbeter en finansiële insluiting in die privaat sektor bevorder. Adrian Roos van die DA sê die departement het jare lank toegang tot sy nasionale identiteitsdatabasis verskaf teen slegs 15-sent per transaksie, wat aansienlik laer is as die ware koste om die diens te onderhou:
# Die Vryheidsfront Plus sê die indruk wat die Tshwane-metro se koalisieregering se propaganda skep oor hulle harde werk om diensleweringskwessies op te los, staan in sterk kontras met die werklikheid op voetsoolvlak. Mark Surgeon van die party sê groot dele van die metro het stukkende straatligte, paaie is onrybaar en besoekers word begroet met hope vullis wat nie verwyder word nie. Hy sê misdaad soos diefstal van kabels, voertuie en watermeters skiet die hoogte in:
# President Donald Trump sê die korrupsiesaak teen Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, is ‘n heksejag. Die 75-jarige Netanyahu is in 2019 aangekla van omkopery, bedrog en vertrouensbreuk. Hy word beskuldig dat hy tien-duisende dollar se sigare en sjampanje van ʼn miljardêr Hollywood-vervaardiger aanvaar het in ruil vir hulp met persoonlike en sakebelange. Trump het op Truth Social gesê die verhoor moet laat vaar word of Netanyahu moet kwytskelding kry omdat hy so baie vir Israel gedoen het.
# Tennis: Die voormalige Amerikaanse Ope-kampioen, Emma Raducanu het ‘n skok nederlaag teen die Australiese tiener, Maya Joint in die tweede ronde by die Eastbourne-toernooi gely. Die Britse ster het in drie stelle verloor. Die Wimbledon kampioen Barbora Krejcikova van Tsjeggië het na drie wedstrydpunte die oorhand gekry om die kwarteindronde te haal met ‘n drie-stel-oorwinning teen die Brit Jodie Burrage. In die mansafdeling het Dan Evans van Brittanje die Amerikaner Tommy Paul uitgeskakel. Daar was ook oorwinnings vir Jakub Mensik en Ugo Humbert van Frankryk.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-68-sent teen die dollar, 20-rand-66-sent teen die euro en 24-rand-23-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-88-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-335-dollar-77-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 66-dollar-68-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….