Nuus 09:00
BULLETIN 8 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA eis die onmiddellike bedanking van minister Blade Nzimande, en Ernest Khosa van NSFAS
# Tennis: Coco Gauff behou haar Auckland Classic-titel
# En, Oppenheimer is ‘n groot wenner by die Golden Globe-toekennings.
# ActionSA eis dat die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie, Blade Nzimande, asook die voorsitter van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se raad, Ernest Khosa, onmiddellik bedank. Dit volg na ‘n opspraakwekkende verslag deur die Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA, waarin onthul word die twee het na bewering gunslone ontvang wat verband hou met die bedrieglike skema om toelaes regstreeks te betaal. Hluphi Gafane van ActionSA sê OUTA se onthullings het ‘n korrupsie-web ontbloot:
# Die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie sê hy sal voortgaan om op te tree teen skole wat nie die land se riglyne vir skoolklere navolg nie. Die kommissie het in 2021 ʼn ooreenkoms bereik dat skole nie eksklusiewe transaksies met verskaffers sal aangaan nie. Baie skole in die land gee egter nie gehoor nie en die kommissie het reeds meer as 220 klagtes ontvang. Die kommissie se woordvoerder, Karabo Motaung, het aan ENCA gesê hulle ontvang steeds klagtes:
# Die ANC-voorsitter Gwede Mantashe sê die regering het ʼn uitdaging nadat oudpresident Jacob Zuma gekies het om weg te stap van die party en iets te lei wat hulle nie ken nie. Mantashe het gister tydens ʼn kerkdiens in Manyeveni in Mbombela gepraat. Hy het partylede aangeraai om nie bekommerd te wees nie omdat dit normaal is dat oudpresidente in Afrika rebelle-bewegings lei. Mantashe doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om kalm te bly en maan die land om vir die ANC te bid terwyl hy sy 112de bestaansjaar vier.
# Tennis: Coco Gauff het Sondag vasgebyt en Elina Svitolina in ʼn uitmergelende driestel-eindstryd geklop om haar Auckland Classic-titel te behou in ʼn ideale opwarmingswedstryd vir die Australiese Ope. Die wêreld se nommer drie en topgekeurde Amerikaner het egter terugbaklei en die tweede gekeurde Oekraïner met 6-7, 6-3 en 6-3 verslaan. Daar was aanvanklik twyfel oor Svitolina se deelname nadat sy mank geword en gehink het tydens haar halfeindstryd die vorige aand. Svitolina het in April verlede jaar na die baan teruggekeer nadat sy ʼn baba gehad het.
# Oppenheimer het die meeste toekennings by die Golden Globe-toekennings opgeraap toe hy vyf toekennings ingepalm het, insluitend erkenning vir Beste Fliek. Cillian Murphy en Robert Downey Jr is albei vir hul toneelspel bekroon, terwyl Christopher Nolan as beste regisseur aangewys is. Succession het die meeste toekennings in die TV-afdeling ontvang ná sy hoogaangeskrewe vierde en laaste reeks. Sarah Snook, wat die rol van Shiv Roy vertolk, is bekroon as beste aktrise in ‘n hoofrol in ‘n TV-drama, met Kieran Culkin as beste akteur in ‘n hoofrol. Barbie het intussen die eerste loket-toekenning ontvang nadat hy 26-miljard rand wêreldwyd gemaak het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-74-sent teen die dollar, 20-rand-50-sent teen die euro en 23-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 43-duisend-569-dollar-90-sent. Die prys van goud is Twee-duisend-en-29-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-59-sent per vat.
# En ten slotte, Oppenheimer het die meeste toekennings by die Golden Globe-toekennings opgeraap toe hy vyf toekennings ingepalm het, insluitend erkenning vir Beste Rolprent. Cillian Murphy en Robert Downey Junior is albei vir hul toneelspel bekroon, terwyl Christopher Nolan as beste regisseur aangewys is. Succession het die meeste toekennings in die TV-afdeling ontvang ná sy hoogaangeskrewe vierde en laaste reeks. Sarah Snook, wat die rol van Shiv Roy vertolk, is bekroon as beste aktrise in ‘n hoofrol in ‘n TV-drama, met Kieran Culkin as beste akteur in ‘n hoofrol. Barbie het intussen die eerste loket-toekenning ontvang nadat “sy” 26-miljard-rand wêreldwyd gemaak het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….