Nuus 09:00
BULLETIN 19 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Spesiale Ondersoekeenheid het die afgelope vyf jaar meer as drieduisend sake verwys
# Die dodetal weens die Oos-Kaapse oorstromings styg tot 92
# En meer as die helfte van Trump-kiesers wil nie hê die VSA moet in Israel betrokke raak nie
# Die Spesiale Ondersoekeenheid sê hy het die afgelope vyf jaar drie-duisend-374 sake na die Nasionale Vervolgingsgesag en die Valke verwys. Die sake hou verband met korrupsie by verskeie staatsinstellings, munisipaliteite en openbare instellings. Volgens die Valke is 58 van hierdie sake tans voor die hof en 96 dossiere wag op ‘n besluit van die NVG. Die ondersoekeenheid se hoof, Andy Mothibi, het aan die Parlement gesê hulle verwys slegs sake na die NVG indien misdaad vermoed word:
# Die Vereniging vir Staatsamptenare sê die integrasie van die personeel van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Grenseenheid in die Grensbestuursowerheid benodig deeglike ondersoek en behoorlike omsigtigheid. Die vereniging sê die owerheid worstel met ‘n ernstige begrotingstekort van 4,35-miljard-rand en ‘n personeeltekort. Claude Naiker van die staatsdiensvakbond sê die oordrag van die vier-duisend-354 polisiebeamptes wat tans aan grensbeskermingspligte toegewys is, sal die grensbestuursowerheid steeds met vierduisend 195 vakatures laat:
# Die Oos-Kaapse regering sê die dodetal van die onlangse verwoestende oorstromings in die provinsie het tot 92 gestyg. Die liggaam van ‘n tienermeisie is gisteraand langs die Mthatha-rivier ontdek, wat die aantal sterftes in Mthatha alleen tot 68 verhoog. Die provinsiale regeringswoordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê hulle verwag dat die dodetal verder sal styg namate die herstelproses voortduur, veral in die OR Tambo-distriksmunisipaliteit wat die hardste getref is:
# Drie-en-vyftig-persent van kiesers wat die Amerikaanse president Donald Trump in die 2024-presidentsverkiesing gesteun het, wil nie hê dat die land by Israel se konflik betrokke moet raak nie. Dit is volgens ‘n nuwe Economist/YouGov-peiling. Die peiling het ook bevind dat 63-persent van Trump-kiesers gesê het Amerika moet met Iran oor sy kernprogram onderhandel, terwyl slegs 18-persent gesê het die VSA moet nie. Dit volg na Trump aangedui het dat hy nog nie ‘n besluit geneem het oor Amerika se betrokkenheid by die konflik nie.
# Tennis: Die tweemalige finalis Alexander Zverev is deur na die laaste 16 by die Halle Ope in Duitsland. Die tweede gekeurde Duitser het gemaklik met die Amerikaner Marcos Giros in skoon stelle afgereken en sy volgende teenstander is die Italianer Lorenzo Sonego. Die Rus Daniil Medvedev het Quentin Halys van Frankryk geklop vir sy 400ste toervlakoorwinning. Nog ‘n Rus, Karen Khachanov het in skoon stelle me die Belg Zicou Bergs afgereken. Die voormalige wêreld nommer-drie, Stefanos Tstitsipas van Griekeland moes die knie buig teen die Amerikaner Alex Michelsen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-3-sent teen die dollar, 20-rand-67-sent teen die euro en 24-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 104-duisend-89-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-372-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 75-dollar-13-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….