Nuus 09:00
BULLETIN 12 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die eerste groep soldate in die DRK keer Vrydag terug huis toe
# SADOU betreur die tragiese verlies van leerders in die Oos-Kaapse oorstromings
# En Amerika herroep alle nie-noodsaaklike personeel in die Midde-Ooste
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê die eerste groep soldate, wat na die Demokratiese Republiek die Kongo ontplooi is, sal môre na die land terugkeer. Hulle was deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se sending in die DRK. Hul terugkeer volg op die repatriasie van die oorskot van 14 soldate vroeër die jaar, wat tydens botsings met M23-rebelle dood is. Prins Tshabalala van die SANW sê die troepe sal by die Bloemspruit-lugmagbasis in Bloemfontein aankom:
# Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, sê hy is erg bekommerd oor die jongste data van Statistiek Suid-Afrika, wat die toenemende krisis in die vervaardigingsektor bevestig. Vervaardiging het in April 2025 met 6,3-persent, jaar-op-jaar gedaal, wat ses agtereenvolgende maande van inkrimping aandui. Saftu se woordvoerder, Newton Masuku, sê die land se ekonomie is vasgevang in ‘n krisis wat veroorsaak word deur strukturele mislukkings, neoliberale dogmas en elite-kaping:
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie sê die verlies aan jong lewens is nie slegs vir die families ‘n tragedie nie, maar vir die hele nasie. Dit volg na die dood van agt leerders van die Jumba Senior Secondary School in die Oos-Kaap na hulle skoolbus Dinsdag deur vloedwaters meegesleur is. Hulle liggame is gister gevind. SADOU se woordvoerder, Nomusa Cembi sê die pyn en angs wat die families ervaar het, is onbegryplik:
# Amerika het alle nienoodsaaklike diplomatieke personeel en hul gesinne beveel om ambassades in die Midde-Ooste te verlaat oor moontlike onrus in die streek. Die Departement van Buitelandse Sake het goedkeuring gegee dat ambassade-personeel in Irak, Bahrein en Koeweit onttrek word. Dit volg terwyl spanning tussen Iran en Israel onlangs toegeneem het terwyl die Trump-administrasie voortgaan om oor ‘n kernooreenkoms met Iran te onderhandel. Die departement sê die besluit is ná ʼn deeglike hersiening geneem.
# Rugby: Ses spelers verlaat die Haaie nadat hulle Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen geëindig het met hulle halfeind-nederlaag teen die Bulle. Eduan Keyter vertrek na die Leeus, James Venter skuif na Gloucester, Ntuthuko Mchunu gaan vir die Stormers speel, Henry Immelman keer terug na die Bulle na sy leen-ooreenkoms en Dylan Richardson skuif na Edinburgh, terwyl Gerbrand Grobler se bestemming onbekend is. Die Haaie het die aankondiging op sosiale media gedoen, die spelers bedank en hulle alles van die beste vir die toekoms toegewens.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-70-sent teen die dollar, 20-rand-38-sent teen die euro en 24-rand-4-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-72-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-370-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-95-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….