Nuus 09:00
BULLETIN 9 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Mchunu onttrek die advertensie vir ‘n nuwe Valke-hoof
# ‘n Polisiesersant is gearresteer in verband met die ontvoering van ‘n tiener
# En die VSA en China gaan vergader vir ‘n nuwe ronde handelssamesprekings
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het ‘n advertensie vir die pos van nuwe Valke-hoof onttrek. Die voormalige hoof, Godfrey Lebeya, het verlede maand afgetree ná sewe jaar in die amp. Mchunu het aan News24 gesê hy het besluit om die advertensie te onttrek nadat hy die korttermyn-onbestendigheid van ʼn waarnemende Valke-hoof opgeweeg het teen die belangrikheid om die regte persoon aan te stel. Hy sê hy wil hê meer mense moet aansoek doen en soek meer diepte in die poel vir die belangrike amp.
# Die DA beskuldig die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga van sabotasie oor die ontwrigting van ‘n kritieke parlementêre oorsigsessie by die Simonstad-vlootbasis. Chris Hattingh van die party sê die vergadering sou die langdurige konflik tussen die Vloot en Krygkor bylê oor vlootkontrakte, swak haweprestasie en ‘n verslegtende onderhoudsagterstand. Hy sê die minister het nie vir die vergadering opgedaag nie en sy het gesê sy was by ‘n vergadering van die Grensbestuursowerheid:
# ʼn Twee-en-veertigjarige polisiesersant is gearresteer in verband met die ontvoering van die 19-jarige Kamogelo Baukudi in die Vrystaat. Die tiener is Donderdag ontvoer toe twee onbekende mans in polisieuniforms hom by die skool opgelaai het. ʼn Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê die persoon is vasgetrek nadat die voertuig wat in Baukudi se ontvoering gebruik is, met die beampte verbind is. Hy sê die verdagte verskyn vandag in die Bloemfonteinse landdroshof:
# ‘n Amerikaanse afvaardiging onder leiding van die Minister van Handel, Howard Lutnick, vergader vandag met Chinese amptenare in Londen in gesprekke wat gemik is op die oplossing van die handelsoorlog tussen die wêreld se twee grootste ekonomieë. ‘n Negentig-dae handelsooreenkoms vroeër vandeesmaand het daartoe gelei dat die VSA sy algehele tariewe op Chinese goedere tydelik van 145-persent tot 30-persent verlaag het, terwyl China sy heffings op Amerikaanse invoere van 125-persent tot tien-persent verlaag het. Die ooreenkoms bevat ‘n sperdatum van 90 dae om ‘n handelsooreenkoms te bereik.
# Motorsport: Die sesmalige MotoGP-kampioen, Marc Marquez, het sy voorsprong in die motorfietsryerskampioenskap vergroot ná sy vierde oorwinning van die seisoen by die Aragon Grand Prix in Spanje. Sy jonger broer, Alex, is tweede en Francesco Bagnaia is derde. Die Suid-Afrikaner, Brad Binder, kon nie ʼn plek op die podium haal nie. Marquez, wat ʼn voorsprong van 32 punte bo sy broer het, sê dit was die perfekte naweek vir hom:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-77-sent teen die dollar, 20-rand-28-sent teen die euro en 24-rand-8-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 105-duisend-74-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-311-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 66-dollar-10-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….