Nuus 09:00
BULLETIN 5 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF verwerp die aanvaarding van die fiskale raamwerk en inkomstevoorstelle
# Die VF Plus doen ‘n beroep op Ramaphosa om deursigtig te wees oor die ondertekening van die NGV-wet
# En Donald Trump onderteken ‘n bevel wat buitelandse studentevisums by Harvard-universiteit beperk
# Die EFF sê hulle verwerp die verslag van die Parlement se staande komitee oor Finansies, wat die 2025 Fiskale Raamwerk en Inkomstevoorstelle insluit wat verlede maand deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana, ter tafel gelê is. Die goedkeuring van die fiskale raamwerk is ‘n sleutelstap in die begrotingsproses. Die raamwerk stel ekonomiese beleid en inkomsteprojeksies vas en bepaal die algehele perke vir staatsbesteding. Die EFF sê die raamwerk doen niks om die ekonomie te laat groei, produktiewe vermoë te bou of die armes van die lewenskostekrisis te isoleer nie.
# Die VF Plus doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om te verduidelik hoekom hy die Nasionale Gesondheidsversekeringswet kort voor verlede jaar se verkiesing onderteken het. Dit volg na die president appèl by die Konstitusionele Hof oor die Hooggeregshofbeslissing dat hy redes moet verskaf. Philip van Staden van die VF Plus sê Ramaphosa se appèl is agterdogtig:
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die meeste sake oor onwettige vuurwapens in die metro word weens die gebroke strafregstelsel nooit verhoor nie. Volgens ‘n mediaverklaring van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is daar na bewering ʼn sukseskoers van 80- tot 90-persent wat hierdie sake betref. Hill-Lewis sê oor vier jaar was daar slegs vyf-persent skuldigbevindings uit een-duisend-670 sake oor onwettige wapens waarop stadsamptenare beslag gelê het:
# Die Amerikaanse president Donald Trump het ‘n uitvoerende bevel onderteken om buitelandse studentevisas by die Harvard-universiteit te beperk. Die administrasie het verlede maand Harvard verbied om buitelandse studente in te skryf, maar ‘n federale regter het die stap tydelik geblokkeer. Die universiteit se internasionale studente verteenwoordig sowat 27-persent van die totale studentegetalle. Trump sê Harvard het nie voldoende inligting oor sy buitelandse studente aan die federale regering voorgelê nie. Die Withuis sê die jongste stap is ‘n pogng om nasionale veiligheid te verseker en hy beskuldig Harvard dat hy bande met radikale buitelanders het.
# Tennis: Die driemalige kampioen, Novak Djokovic, en die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner gaan in die Franse Ope se halfeindronde kragte meet. Die 38-jarige Serwiër het verlede jaar se finalis, Alexander Zverev van Duitsland, verslaan in sy poging om die rekord te verbeter met ʼn 25ste Grand Slam-titel. Sinner het gemaklik afgereken met Alexander Bublik van Kasakstan, en die eerste Italiaanse man geword wat ses Grand Slam-halfdeindrondes haal. Djokovic verwag ʼn taai stryd teen Sinner:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-83-sent teen die dollar, 20-rand-34-sent teen die euro en 24-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 105-duisend-198-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-368-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-44-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….