Nuus 09:00
BULLETIN 3 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika woon die raadsvergadering van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling in Parys by
# Suid-Koreane stem vir ‘n nuwe president
# En padwedlope: Gerda Steyn wil ná die Twee Oseane ook die Comrades wen
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, lei saam met die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, Suid-Afrika se afvaardiging vandag en môre by die ministeriële raadsvergadering van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling in Parys. Die vergadering fokus op veerkragtige, inklusiewe en volhoubare welvaart deur georganiseerde handel, belegging en innovering. Lamola se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê Suid-Afrika is verbind tot die aftakeling van finansiële hindernisse wat Afrika se volhoubare ontwikkeling belemmer:
# Die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, het die goedkeuringsbesluit vir die Nywerheidsbestuursplan vir Afvalbande teruggetrek. Die plan was daarop gemik om verskeie uitdagings aan te spreek wat die afvalbandsektor in die gesig staar, insluitend beperkte plaaslike verwerkingsvermoë, beperkings op bergingsdepots en logistieke beperkings. Die departement se woordvoerder, Thobile Zulu-Molobi, sê daar is kommer oor die plan nie in ooreenstemming is met die realiteit en beleid nie:
# Die DA in Johannesburg gaan ‘n formele klag by die Spesiale Ondersoekeenheid indien oor tenders ter waarde van meer as een-miljard-rand wat na bewering toegeken is aan maatskappye wat bande het met huidige en voormalige stadsraadslede. Die party eis leefstyloudits vir alle geïmpliseerde amptenare en raadslede, ‘n forensiese tender-oudit, en kriminele aanklagte waar korrupsie bewys word. Belinda Kayser-Echeozonjoku van die DA sê burgemeester Dada Morero het versuim om op te tree:
# Miljoene Suid-Koreane stem vandag in ‘n blitsverkiesing vir ‘n nuwe president om Yoon Suk Yeol op te volg. Meer as 15-miljoen mense het verlede week tydens ‘n twee dae lange vroeë stemperiode gestem, wat byna 35-persent van die land se 44,4-miljoen stemgeregtigde kiesers uitmaak. Yoon het die land in chaos gedompel deur in Desember krygswet af te kondig, wat uiteindelik tot sy afsetting gelei het. Die voorloper is die 60-jarige Lee Jae-myung van die liberale opposisie Demokratiese Party. Sy hoofmededinger is Kim Moon-soo van die konserwatiewe People Power Party.
# Padwedlope: Suid-Afrika se ultra-marathon-ster, Gerda Steyn, sê haar doelwit is om vanjaar beide die Comrades-marathon en die Twee Oseane-marathon suksesvol te voltooi. Die 35-jarige atleet het in April in Kaapstad haar vyfde agteenvolgende oorwinning in die Twee Oseane-marathon behaal en mik nou om Sondag haar derde agtereenvolgende afdraende Comrades-marathontitel op te raap. Steyn sê sy is opgewonde oor die talent van mededingers en beskou dit as motivering om haarself tot die uiterste te druk.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-88-sent teen die dollar, 20-rand-41-sent teen die euro en 24-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 105-duisend-266-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-361-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-65-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….