Nuus 09:00
BULLETIN 30 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die OVK se jongste befondsingsverslag toon dat die ANC sewe-miljoen-rand ontvang het
# Die GOOD-party sê die DA erken dat sommige van sy LP’s se Israel-besoek teen partybeleid is
# En ‘n appèlhof herstel Trump se wêreldwye tariewe tydelik
# Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het politieke skenkings vir die 2024/2025-boekjaar se vierde kwartaal bekendgemaak. Die totale waarde van verklaarde skenkings beloop 14,18-miljoen-rand. Van 1 Januarie tot 31 Maart 2025 het die ANC 7-miljoen-rand ontvang: vier-miljoen-rand van Chancellor House Trust en drie-miljoen van Naspers Limited. Die DA het 6,2-miljoen-rand ontvang en ActionSA een-miljoen-rand. Die OVK sê hy verwag die skenkings sal toeneem in aanloop tot volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesings.
# Die GOOD-party sê die DA het erken sy parlementslede wat na Israel gereis het om volksmoord deur die Israelse weermag te verontskuldig, behoort getug te word. Ten minste nege parlementslede van drie politieke partye het Israel in April besoek. In ‘n Democracy Unplugged-potgooi, sê Die DA-woordvoerder, Karabo Khakhau, die party het nie die besoek van parlementslede goedgekeur nie. GOOD se sekretaris generaal, Brett Herron, sê die DA het erken die besoek het sy protokol oortree:
# ActionSA in Ekurhuleni verwelkom die besluit om munisipale dienste te inkontrakteer, veral vir werkers soos skoonmakers, sekerheidspersoneel en vullisverwyderaars. Die metro sal noodsaaklike dienste, 700 permanente skoonmakers en 290 permanente beamptes van die Ekurhuleni-metropolisiedepartement, inkontrakteer wat na strategiese kantore en geboue sal omsien. Phillip Dolo van ActionSA sê dis belangrik om afhanklikheid van kontrakteurs te verminder en doeltreffendheid en kostedoeltreffendheid te verbeter:
# ‘n Amerikaanse federale appèlhof het ‘n aansoek deur president Donald Trump se administrasie toegestaan om die uitspraak van die Hof vir Internasionale Handel tydelik op te skort. Die hof het Woensdag beslis Trump is ingevolge die Wet op Internasionale Noodekonomiese Magte nie by magte om omvangryke globale tariewe te hef nie. Die beslissing beteken dat die tariewe voorlopig gehef word hangende die hofsaak. Die Withuis-woordvoerder, Karoline Leavitt, sê Trump het nié sy mag oorskry deur die tariewe te hef nie:
# Tennis: Die driemalige kampioen, Novak Djokovic van Serwië het na die derde rondte van die Franse Ope deurgedring toe hy met Corentin Moutet van Frankryk afgereken het. Die derde gekeurde Duitser Alexander Zverev het ná een stel agter, die jong Nederlander Jesper de Jong geklop. Australië se Alex De Minaur, nommer nege in die wêreld, en die 19de gekeurde Tsjeg Jakub Mensik is uitgeskakel. In die vroue-afdeling het die Amerikaners Coco Gauff, Jessica Pegula and en Madison Keys maklik deur na die volgende rondte.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-84-sent teen die dollar, 20-rand-24-sent teen die euro en 24-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 106-duisend-35-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-292-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 62-dollar-95-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….