Nuus 09:00
BULLETIN 25 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA verwelkom minister Malatsi se konsepregulasies vir die verbreding van internettoegang vir alle Suid-Afrikaners
# Die nuwerheidsvakbond GIWUSA sê Suid-Afrika beskerm diktatorskappe in Afrika
# En rugby, die Pumas wen Griekwas oortuigend in die tweede SA Beker-eindstryd
# Die DA verwelkom die konsepregulasies wat die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, vrygestel het om nuwe meganismes in te stel vir die verbreding van internettoegang vir alle Suid-Afrikaners. Die party sê toegang tot betroubare, bekostigbare internet is ‘n sleutelbestanddeel vir ekonomiese groei. Willie Aucamp van die DA sê hulle het by die regering van nasionale eenheid aangesluit om ‘n verskil in die lewens van alle Suid-Afrikaners te maak:
Intussen veroordeel die ATM ten sterkste wat hy noem die ANC/DA-koalisie se jongste daad van verraad teen die mense van Suid-Afrika. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die koalisie het die aspirasies van swart Suid-Afrikaners uitverkoop om miljardêr-elites tevrede te stel:
# Die nywerheidsvakbond GIWUSA sê terwyl die vasteland Afrikadag herdenk, beskerm die Suid-Afrikaanse regering diktatorskappe in Afrika terwyl hulle voorgee dat hulle demokrasie voorstaan. Giwusa-president, Mametlwe Sebei, sê dit gebeur in Eswatini, Zimbabwe, Uganda en Egipte, terwyl die regering bande met Israel handhaaf maar ook aanspraak maak op solidariteit met Palestina:
# Rusland het die Oekraïnse hoofstad Kyiv vir ‘n tweede nag met missiele en hommeltuie aangeval terwyl die twee lande honderde krygsgevangenes uitgeruil het. CNN berig drie mense is oornag dood in aanvalle op die streek rondom die Oekraïnse hoofstad, ‘n dag nadat minstens 13 mense regoor Oekraïne in Russiese aanvalle dood is. Die aanslag op die hoofstad kom te midde van toenemende internasionale druk op die Russiese president Vladimir Putin om ‘n wapenstilstandvoorstel te aanvaar en die meer as driejaar-lange oorlog te beëindig.
# Rugby: Die Pumas het hul eerste SA Beker-titel verower toe hulle Griekwas in Saterdag se eindstryd by die Mbombela-stadion in Nelspruit verslaan het. Griekwas se voorryspeler, Cebo Dlamini, het ‘n 20-minute rooikaart in die sewende minuut ontvang ná ‘n kop-aan-kop-duikslag, en die tuisspan het skaars ‘n minuut later ‘n doel aangeteken, wat Griekwas vir die res van die wedstryd op die agtervoet gehad het. Die Pumas het rustyd met 19-7 voorgeloop en die wedstryd met ‘n oortuigende oorwinning van 39-14 afgesluit. Dit was die tweede jaar van die toernooi wat Griekwas verlede jaar gewen het.
# En ten slotte motorsport: Die McLaren-jaer Lando Norris spring voor weg in die Monaco Grand Prix, met Charles Leclerc van Ferrari langs hom. Lando Norris se spanmaat en voorloper in die kampioenskap, Oscar Piastri, het derde gekwalifiseer. Lewis Hamilton van Ferrari was vierde vinnigste maar die sewemalige wêreldkampioen is met drie posisies gestraf nadat hy Red Bull se Max Verstappen vertraag het, wat nou vierde begin. Dis moeilik om in Monaco verby te steek en om voor te begin is ‘n groot voordeel. Die wedren is sedert 1950 nog net tien keer gewen deur ‘n renjaer wat laer as derde begin het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….