Nuus 09:00
BULLETIN 28 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Bantu Holomisa waarsku teen ‘n immigrasiekrisis en korrupsierisiko’s
# Die polisie in KwaZulu-Natal kanselleer verlof voor die 30 Junie-betogings
# En rugby: Die SA o.20-span behaal ’n weghol-oorwinning teen Uruguay by die Wêreld Junior Kampioenskappe
# Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, sê Suid-Afrika staar werkloosheid, misdaad, deurdringbare grense, swak immigrasiestelsels, trae groei en korrupsie in die gesig wat demokrasie ondermyn. Holomisa het in die Oos-Kaap ‘n beroep gedoen op die dringende hervorming van Binnelandse Sake en grensbestuur. Hy dring aan op sterker samewerking tussen agentskappe, moontlike tydelike immigrasie-hersieningsmaatreëls en wettige kontroleprosesse om integriteit te herstel. Holomisa het ook xenofobie verwerp en sê dit moet ‘n nasionale veiligheidsprioriteit wees:
Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, het intussen enige moontlike geweld wat verband hou met Dinsdag se beplande nasionale afsluiting teen onwettige immigrasie veroordeel. Hill-Lewis het tydens die DA-veldtog in die Emfuleni-tussenverkiesing aan SABC News gesê Suid-Afrikaners moet kalm bly en openbare frustrasie moet nooit in haat, gepeupelreg of aanvalle op buitelandse burgers ontaard nie. Hy het beklemtoon dat immigrasiewette deur die staat afgedwing moet word en nie deur individue of groepe nie:
En die polisiebestuur in KwaZulu-Natal het die verlof van alle beamptes gekanselleer voor Dinsdag se landswye betoging. Die owerhede sê elke beampte sal kragtens die Staatsdienswet ontplooi word. Speurders en klandestine eenhede sal na verwagting met uniform-operasies help. Die polisie, gemeenskapsmisdaadstrukture en regeringsamptenare het in Durban vergader om voorbereidings te koördineer in reaksie op moontlike geweld tydens die beplande betogings. Die waarnemende provinsiale kommissaris, Phumelele Makoba, sê almal is nodig om orde te handhaaf.
# Agri SA het die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se konsep-markondersoekverslag oor vaste tariewe en Eskom se kleinhandel-tariefhervormings verwelkom. Die organisasie sê die bevindinge bevestig voortgesette kommer dat onlangse tariefveranderinge elektrisiteitskoste vir landbou buitensporig verhoog het, veral op besproeiingsafhanklike plase met beperkte vermoë om aanvraag te skuif. Agri SA sê elektrisiteit het ‘n belangrike insetkoste geword en doen ‘n beroep op regverdiger pryse, verbeterde impakstudies en beter beskerming ten opsigte van bekostigbaarheid vir boere.
# Die Britse maritieme veiligheidsagentskap sê ‘n tenkskip is volgens berigte gister deur ‘n vuurpyl in die Straat van Hormoes getref nadat die Verenigde State en Iran op mekaar begin skiet het in die ergste konflik sedert die ondertekening van die tussentydse vredesooreenkoms. Die lande het mekaar beskuldig dat hulle die twee weke oue ooreenkoms verbreek het om die vier maande lange konflik te beëindig. Die agentskap sê die tenkskip wat gister getref is, het skade aan sy brug opgedoen, maar alle bemanningslede is veilig. Iran het nie dadelik kommentaar gelewer oor berigte van spesifieke aanvalle nie.
# En rugby: Die verdedigende kampioene, Suid-Afrika, het gisteraand ‘n reuse-telling in Groep A behaal met ‘n weghol-oorwinning van 104 – 7 oor Uruguay in hul openingswedstryd van die Junior Wêreldkampioenskappe in Tbilisi, Georgië. Die Junior Bokke het 16 drieë gedruk, met Risima Khosa en Jordan Steenkamp wat die aanslag met drie elk gelei het. Ander spelers wat drieë gedruk het, sluit in Markus Muller, Ethan Adams, Khuthadzo Rasivhaga, Cheswill Jooste en Jayden Brits. Suid-Afrika se volgende kragmeting is teen die gasheerland, Georgië, op Donderdag 2 Julie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….