Nuus 09:00
BULLETIN 13 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# # ActionSA sê ‘n stem vir die DA is ‘n stem vir wanfunksionering
# Die MK-party is bekommerd oor die ineenstorting van die Nasionale Loterykommissie
# En die VN sê die hele Gaza-bevolking loop ‘n risiko van hongersnood
# ActionSA sê ‘n stem vir die DA in die 2026 plaaslike verkiesing is nie ʼn protesstem nie, maar een vir wanfunksionering, ineenstorting en politieke grootsheid. Woordvoerder Funzi Ngobeni sê Helen Zille het in 2014 gesê Suid-Afrikaners moenie stemme op klein partye mors nie, en ʼn dekade later sê sy steeds dieselfde. Ngobeni sê die idee dat die DA die slim stem is, is nie die ervaring van die mense wat hy wil oortuig nie:
# Die MK-party sê die agteruitgang van die Nasionale Loterykommissie verteenwoordig baie meer as net die wanbestuur van ‘n openbare instelling; dit is verraad teen openbare vertroue. Die party sê hy het skriftelik sy ontevredenheid aan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, oorgedra oor die Nasionale Loterykommissie wat op die punt staan om in duie te stort, maar hy het versuim om te reageer. Hy sê wat veral kommerwekkend is, is die 4,3-miljard-rand wat ledig in die Kommissie se reserwefonds lê, maar aan Suid-Afrikaners behoort, veral die armes en werkloses.
# Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, sê al het die provinsiale regering 1,8-miljard-rand van sy begroting nie bestee nie, kan slegs 85-miljoen-rand moontlik aan Nasionale Tesourie verbeur word. Die provinsiale regering se finale begroting vir die 2024/2025-boekjaar was 168,76-miljard-rand. Teen die jaareinde is 166,97-miljard-rand of 99-persent van die begroting gebruik. Maile sê van die 1,8-miljard-rand wat nie gebruik is nie, was 1,4-miljard-rand van die provinsiale billike aandeel en die res van voorwaardelike toelaes:
# ’n Verslag vir die Verenigde Nasies sê Gaza se bevolking van ongeveer 2,1 miljoen Palestyne is aan ’n kritieke gevaar van hongersnood blootgestel en ervaar uiterste vlakke van voedselonsekerheid weens die voortdurende Israelse versperring van humanitêre hulp. Volgens die verslag was daar ‘n verbetering tydens die wapenstilstand van twee-maande tussen Israel en Hamas, maar die situasie het weer versleg toe die vyandelikhede hervat is. Sowat 244-duisend-mense ervaar tans katastrofiese vlakke van voedselonsekerheid. Die verslag vra dringende optrede om die toenemende risiko van hongersnood te verhoed.
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, is deur na die laaste 16 van die Italiaanse Ope, na sy oorwinning oor die Nederlander Jesper de Jong. Sinner gaan probeer om die eerste Italianer in 49-jaar te word om die manstoernooi in Rome te wen. Sinner se landgenoot, Matteo Berrettini, was agter die Noorweër Casper Ruud, toe hy weens ‘n besering moes onttrek. In die vroue-afdeling is die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus die Amerikaner Coco Gauff en Elina Svitolina van Oekraïne deur na die kwarteindronde.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-25-sent teen die dollar, 20-rand-28-sent teen die euro en 24-rand-8-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 102-duisend-256-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-236-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-54-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….