Nuus 09:00
BULLETIN 24 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Zelensky is gereed vir sy ontmoeting met President Ramaphosa
# Die Reserwebank versoek die G20 om te herfokus vir wêreldwye impak
# En ‘n derde sluis word by die Vaaldam oopgemaak
# Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het gisteraand op ‘n staatsbesoek in Suid-Afrika aangekom. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het hom verwelkom. Dis die eerste staatsbesoek aan Suid-Afrika deur ʼn Oekraïnse president. Zelensky sê hy gaan belangrike vergaderings hou met president Cyril Ramaphosa en verteenwoordigers van politieke, burgerlike en studentegemeenskappe van Afrikalande. Hy sê sy land maak staat op Suid-Afrika se bydrae tot die Internasionale Koalisie wat hom beywer vir die terugkeer van duisende Oekraïnse kinders wat deur Rusland ontvoer is.
# Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die G20 moet sleutelkwessies wêreldwyd voorkeur gee en besluitneming vereenvoudig om weer relevant te wees. Hy het in Washington gepraat op die Brookings Global Economy and Development-program, en die G20 se potensiaal beklemtoon om komende uitdagings aan te pak en volhoubare groei te bevorder. Kganyago het beklemtoon dat beter prosesse noodsaaklik is vir die G20 om globale bestuur te versterk in vandag se toenemend ingewikkelde ekonomiese landskap:
# Die departement van Water en Sanitasie sê die Vaaldam ondervind tans ‘n volgehoue invloei van water weens die swaar reënval in sy opvangsgebied. Hulle moes as gevolg daarvan weer ‘n derde sluis oopmaak om van die water uit te laat. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê die dam is 108,4-persent vol en hulle sal waarskynlik vandag nog ‘n sluis moet oopmaak. Sy sê die invloei van die Bloemhofdam neem intussen ook toe:
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake verwerp die Departement van Tradisionele Sake se teikens om gevaarlike praktyke in onwettige inisiasieskole aan te spreek. Die departement wil teen 2029 inlywingsterftes van 63 tot 13 verminder en onwettige skole van 429 tot 229. Dit sal gedoen word deur beter oorsig en hervormde regulering. Die komiteevoorsitter Zweli Mkhize sê die teikens vir veiliger inlywingspraktyke is strydig met die regering se benadering van geen verdraagsaamheid teenoor inlywingsongevalle nie. Hy sê die departement moet onmiddellik die teikens hersien.
# Sokker: Arsenal het Woensdagaand in die Emirates-stadion teen Crystal Palace met 2-elk gelykop gespeel en daarmee Liverpool vir die tweede keer in vyf seisoene net een punt kort van die Premierliga-kroon gelaat. Die Reds moet nou Sondag op Anfield ‘n nederlaag teen Tottenham Hotspur vermy om hul 20ste ligatitel te beklink. Dit ewenaar Manchester United se rekord. Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, sê die 13 gelykoptellings die afgelope seisoen is nie goed genoeg nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-65-sent teen die dollar, 21-rand-15-sent teen die euro en 24-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-en-723-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-327-dollar-54-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-18-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….