Nuus 09:00
BULLETIN 19 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom sê daar is voldoende kapasiteit vir die langnaweek-aanvraag
# Hof staak uitsettings van studentekoshuise by WSU
# En Rugby: Oud-Springbok Gys Pitzer sterf
# Eskom sê die kragstelsel bly bestendig met voldoende kapasiteit om voorsiening te maak vir die langnaweek-aanvraag. Deurlopende beplande instandhouding duur voort teen 15,41-persent-opwekkingskapasiteit, wat ‘n 3,8-persent toename is in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê ‘n alghehele drie-duisend-948 megawatt sal Dinsdag voor die aandspitstyd weer in diens gestel word om te verseker die netwerk is steeds bestendig:
# Die Hooggeregshof in Mthatha het die uitsettings van studentekoshuise by die Walter Sisulu Universiteit gestaak. Dit volg nadat die kampusbestuur die studente opdrag gegee het om teen 4-uur gistermiddag die perseel te ontruim. Die uitsettingsbevel volg in die nasleep van gewelddadige studentebetogings wat Dinsdagoggend uitgebreek het en tot die dood van ‘n student gelei het. Studenteraad-president Balungile Madikizela het aan die SABC gesê die sluiting van koshuise kon die akademiese vordering van studente ernstig beïnvloed het:
# Die KwaZulu-Natalse Vervoerdepartement het ‘n beduidende afname in padongelukke aangeteken op die N2 naby Ashburton ná die bekendstelling van die anti-misdaadtegnologie, Ummemezi Wezimoto. Die departement se woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, sê ongelukke het vanjaar gedaal tot minder as vier vanaf 13 in 2024, en geen sterftes is aangeteken nie. Hy bevestig ook meer as ses-duisend-800 motors is nagegaan, 25 voertuie is geskut en 17 mense is in hegtenis geneem:
# Suid-Afrika en Nigerië het ‘n strategiese samewerkingsooreenkoms onderteken oor mynbou-ontwikkeling. Die ooreenkoms tussen die minister van Minerale Hulpbronne, Gwede Mantashe, en sy Nigeriese eweknie, Dele Alake, wil industrialisasie, werkskepping en ekonomiese groei bevorder. Hulle sal onder meer fokus op opleiding in geowetenskappe, die ontginning van minerale, datadeling en verwerking vir waardetoevoeg. Die ooreenkoms onder die Bi-Nasionale Kommissie wil die potensiaal van minerale ontsluit en vennootskappe tussen die staat en die privaat sektor regoor Afrika verstewig.
# Rugby: Die oud Springbok, Gys Pitzer, het in die ouderdom van 85 gesterf nadat hy die afgelope paar weke in die hospitaal was. Hy het Noord-Transvaal en Suid-Afrika verteenwoordig, in 12 toetswedstryde gespeel en was deel van die wenspan in 1968 teen die Britse en Ierse Leeus. ‘n Besering het sy rugbyloopbaan in 1969 kortgeknip. SA Rugby se president, Mark Alexander, sê Pitzer se nalatenskap is een van leierskap, vriendelikheid en opregte liefde vir die spel en sy medemens.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….