Nuus 09:00
BULLETIN 12 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Adjunkminister Morolong sê die regering wil ’n inklusiewe medialandskap in Suid-Afrika vestig
# COSATU vra hernuwing van die wêreldwye solidariteitsbeweging vir demokrasie in Eswatini
# En krieketnuus, De Kock help Kolkata om Chennai te verpletter
# Die adjunkminister in die presidensie, Kenny Morolong, sê die regering wil saam met rolspelers in die bedryf werk om seker te maak Suid-Afrika se medialandskap is inklusief, mededingend en verteenwoordigend van die land se verskeidenheid. Hy het in Rosebank, Johannesburg, met hoofde in die mediabedryf vergader wat deel is van die gedrukte en digitale media se hervorming- en herlewing-bestuurskomitee. Morolong sê hulle werk aan betekenisvolle hervorming en langtermynvolhoubaarheid in die mediabedryf om seker te maak alle Suid-Afrikaners se stemme word gehoor:
# Cosatu sê hy het by miljoene werkers en mense reg oor die wêreld aangesluit om vir ‘n demokratiese bestel in Eswatini te vra. Dis vandag die 52ste herdenking van die 1973-dekreet wat politieke partye verban en amptelik alle politieke aktiwiteit in die land verbied. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die vakverbond herdenk 12 April as die dag waarop die monargie deur die omstrede 1973-koningsdekreet Swazi-mense se stemme stilgemaak en alle mag in homself gevestig het:
# Die regering sal nie verantwoordelik aanvaar vir inwoners se eiendomskade aan strukture wat te naby aan die Bloemhofdam gebou is nie. Die dam is tans 110-persent vol te midde van erge stroomaf-oorstromings. Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het inwoners langs die vloedlyn gewaarsku om te ontruim. Majodina het bewerings van wanbestuur verwerp en sê die sluise is ingevolge die veiligheidsriglyne oopgemaak. Terwyl meer reën verwag word, bly vyf straalsluise oop. Sy het die publiek verseker dat die dam onder beheer is, maar het ontruiming ter wille van veiligheid aangemoedig.
# Die Kolkata Knight Riders het die Chennai Super Kings gisteraand in die IPL-kragmeting met agt paaltjies verslaan. Wegbreekbouler Sunil Narine het drie paaltjies platgetrek voor hy 44 van 18 balle behaal het met vyf sesse en twee viere. Kolkata het Chennai met 103 vir 9 afgeransel met 59 balle wat oorbly. Aanvangskolwers Quinton de Kock en Narine het Kolkata flink laat wegspring en die wen-telling van 102 vir 2 is in 10 boulbeurte bereik. Dis die Chennai Super Kings se vyfde agtereenvolgende nederlaag.
# En om mee af te sluit: Motorsport: Oscar Piastri, die Australiese McLaren bestuur, glo hulle motors sal steeds mededingend bly ten spyte van ’n reëlverandering wat in Junie in werking tree. Hy meen die span sal die hele seisoen sterk bly. Die F1-beheerliggaam, die FIA, het strenger druktoetse vir die voorvlerk ingestel, wat tydens die Spaanse Grand Prix in werking sal tree. Dit sal die toegelate vlak van buigsaamheid verminder, ná ’n soortgelyke optrede met agtervlerke. Piastri, wat die Chinese Grand Prix gewen het, twyfel of die verandering McLaren se huidige momentum sal ontwrig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….