Nuus 09:00
BULLETIN 7 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus sê hy sal nie toelaat dat ander partye sy besluite beïnvloed nie
# Die EFF sê die minister van Openbare Werke is partydig
# En Emmanuel Macron vra vir sterk optrede teen Rusland
# Die Vryheidsfront Plus sê hy is nie gebonde aan enige ander politieke party se besluite of optrede oor sy voortgesette deelname of onttrekking aan die regering van nasionale eenheid nie. Die koalisieregering se voortbestaan hang aan ‘n draadjie na die DA teen die ANC-geleide nasionale begroting gestem het. Die VF Plus se leier, Corné Mulder, sê die party se voorgesette deelname aan die regering is suiwer gegrond of dit Afrikaners en ander minderhede in die land bevoordeel of nie:
# Die EFF beskuldig die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, dat hy sonder om behoorlike prosesse te volg, ongekwalifiseerde individue wat met die DA saamstem, in belangrike posisies aanstel. Die aanstellings sluit in die departement se hoofdirekteur van Belangebestuur in die direkteur-generaal se kantoor, Sean Cox, en Michael Beyleveld wat tans die minister se personeelhoof is. Die EFF sê minister Macpherson se onlangse aanstellings ontbloot die regering van nasionale eenheid se ware aard wat volgens hom ‘n korrupte reëling is wat politiek bo meriete kies.
# Die GOOD-party in die Wes-Kaap sê die verwikkelinge oor die verslag van die gebou-ineenstorting in George is ‘n stap nader aan antwoorde en geregtigheid vir die gemeenskap. Vier-en-dertig mense is dood toe ‘n gebou want in aanbou was in Mei verlede jaar ineengestort het. Chantelle Kyd van GOOD sê hulle neem kennis die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het die Nasionale Huisbouersregistrasieraad se verslag oor die gebou aan die portefeuljekomitee oor Menslike Nedersettings oorhandig:
# Die Franse president Emmanuel Macron veroordeel Rusland se onlangse missielaanvalle in Oekraïne. Twintig mense, insluitend nege kinders, is Vrydag in ʼn Russiese ballistiese-missielaanval in die sentrale Oekraïnse stad, Kryvyi Rih, dood. Macron sê Oekraïne het ʼn Amerikaans-gesteunde voorstel vir ʼn volledige en onvoorwaardelike skietstilstand van 30 dae aanvaar, maar Rusland verskerp sy militêre veldtog sonder om burgerlikes in ag te neem. Hy sê sterk optrede is nodig as Rusland voortgaan om vrede te verwerp.
# Sokker: Die voorlopers Liverpool het slegs hulle tweede Premierliga nederlaag van die seisoen gelei toe hulle met 3-2 teen Fulham op Craven Cottage verloor het. Arno Slot se span het die kans verbrou om met 14 punte teen Arsenal voor te loop. Die heersende kampioene, Manchester City, het met nul-nul gelykop gespeel teen Manchester United op Old Trafford. Southhampton is uit die Premierliga met nog sewe wedstryde oor na hy met 3-1 teen Tottenham Hotspur die spit afgebyt het. Slot ontken dat moegheid ‘n probleem vir sy spelers is:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-24-sent teen die dollar, 21-rand-11-sent teen die euro en 24-rand-81-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-561-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-26-dollar-12-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 63-dollar-66-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….