Nuus 09:00
BULLETIN 6 April 9 vm
Goeiemôre Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa gaan die eerste Polisieberaad open
# Jong boere by die Boere-indaba beplan die toekoms te midde van handelspanning
# En Rugby: Die Haaie het ‘n nuwe span vir die Uitdaagbeker se rondte van 16
# President Cyril Ramaphosa gaan hierdie week die eerste Polisieberaad by die Emperors Palace-konvensiesentrum in Gauteng open. Die driedaagse beraad handel oor doeltreffendheid in aksie terwyl Suid-Afrika se polisiëringsmoontlikhede ten beste gebruik word. Dis in ooreenstemming met die Nasionale Ontwikkelingsplan se doelwit om veiliger gemeenskappe te bou. Dit sal hoë misdaadsyfers aanspreek deur huidige polisiëringsmetodes te evalueer en meer doeltreffende strategieë vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens te ondersoek.
# Jong boere uit suidelike Afrika vra dat die vasteland se landbou-landskap hervorm word. Dit kom te midde van president Donald Trump se verhoogde tariewe wat kommer wek oor moontlike ontwrigting in markte. Afgevaardigdes by die Boere-indaba in Pretoria beklemtoon die behoefte aan beleidshervorming, toegang tot grond en fondse om voedselsekerheid en ekonomiese groei te verseker. Die Landbou-ontwikkelingsagentskap se uitvoerende hoof, Leona Archary, vra deurslaggewende hervorming in die sektor:
# Die MK-party het fokus-areas vir alle partystrukture en lede uiteengesit. Dit sluit in MK se rewolusionêre pad na staatsmag, die bou van plaaslike en internasionale bondgenootskappe, die finansiering van die rewolusie en die karakter en optrede wat van MK-lede verwag word. Sekretaris-generaal Floyd Shivambu het planne aangekondig om met die Progressive Civic Congress saam te werk. Hy het ook bevestig dat beraadslaging met progressiewe politieke partye soos die African Transformation Movement voortgaan:
# Duisende betogings teen president Donald Trump en Elon Musk is Saterdag in al 50 state gehou, en ook in die res van die wêreld. ‘n Pro-demokrasie beweging het die betogings gereël in reaksie op wat organiseerders noem ‘n “vyandige oorname” en aanval op Amerikaanse regte en vryhede. Organiseerders eis die beëindig van die miljardêr-oorname en ongebreidelde korrupsie van die Trump-administrasie, sowel as ‘n einde aan die besnoeiing van federale fondse vir programme waarop werkende mense staatmaak, en die einde van aanvalle op immigrante, trans-mense en ander gemeenskappe.
# En Rugby: Afrigter John Plumtree het ‘n hele aantal veranderings aan die Haaie-span aangebring wat môreaand teen Lyon in die Uitdaagbeker se rondte van 16 speel. André Esterhuizen en Yaw Penxe het hulle opdrafplekke behou. Ntuthuko Mchunu, Fez Mbatha en Ruan Dreyer is die nuwe voorry, terwyl Corné Rahl en Gerbrandt Grobler die slotte in die beginspan is. Tino Mavesere, Jannes Potgieter en kaptain Nic Hatton is die losvoorspelers. Bradley Davids en Siya Masuku vervang die Hendrikse broers as skakelpaar. Litelihle Bester speel vleuel saam met Penxe. Francois Venter is saam met Esterhuizen op senter en Hakeem Kunene is gekies as heelagter.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….