Nuus 09:00
BULLETIN 2 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging ontmoet Amerikaanse amptenare om wanopvattings uit te klaar
# Die Inkomstediens kondig ‘n rekord-belastinginvordering aan
# En Rusland sê hy kan nie die VSA-voorgestelde skietstilstand aanvaar nie
# ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging onder leiding van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se direkteur-generaal, Zane Dangor, het onlangs met senior Withuis-amptenare vergader. Die doel was om die land se posisie oor omstrede kwessies soos die Onteieningswet te verduidelik. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê tydens die besprekings is misverstande aangespreek oor wat sommige beskou as raswette wat minderheidsregte in Suid-Afrika ondermyn:
# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het rekord inkomste-invordering van twee-duisend-miljard-rand for die 2024/2025 finansiële jaar aangekondig, Dit is ‘n jaar-tot-jaar verhoging van 6,9-persent. Tenspyte van ekonomiese uitdagings, het die SAID ook 447-miljard-rand in belastingterugbetalings gedoen, die hoogste in die geskiedenis van die belastinggaarder. Kommisaris Edward Kieswetter sê prestasie demonstreer die diens se toewyding aan doeltreffende inkomste-invordering en nakoming-toepassing:
# Die Vryheidsfront Plus in Ekurhuleni sê die metro se finansiële posisie het só versleg dat hy nie ‘n deposito van 177-milljoen-rand aan Eskom kan betaal vir die opknapping van vier mini-substasies in Chloorkop nie. Die metro skuld die kragvoorsiener nagenoeg twee-miljard-rand. Die VF Plus sê dit blyk dat Ekurhuleni toenemend op buite-instansies moet staatmaak om sy finansiële verpligtinge na te kom. Die party sê die burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza, moet sê wat die langtermynplanne is om Ekurhuleni se finansiële verhouding met Eskom te herstel.
# Rusland sê hy kan nie Amerika se voorstel vir ‘n skietstaking in Oekraïne aanvaar sonder om die hoofoorsake van die oorlog in aanmerking te neem nie. President Vladimir Putin se eise as voorwaardes vir die skietstaking sluit in dat Oekraïne moet erken dat Rusland die Krimgebied en vier gedeeltelik besette gebiede in die suidooste geannekseer het en tot ontwapening moet instem. Rusland se adjunk-minister, Sergei Ryabkov, sê daar is geen aanduidings van óf president Donald Trump van Amerika, óf van Oekraïne dat die oorlog ná die skietstilstand van 30 dae beëindig kan word nie.
# Sokker: Orlando Pirates het MC Alger met 1-0 verslaan in deel een van hulle kwarteindronde-kragmeting in die CAF-kampioeneliga in Algerië. Mohau Nkota, se doel in die tweede helfte het die Buccaneers se oorwinning verseker. Mamelodi Sundowns het Esperance de Tunis in Pretoria met 1-0 geklop. Die verdedigende kampioene, Al Ahly, het op die Kaïro Internasionale Stadion met Al Hilal afgereken toe Mohamed Hany se vroeë doel die telling op 1-0 te staan gebring het. Die tweede deel se wedstryde vind volgende Dinsdag en Woensdag plaas.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-50-sent teen die dollar, 19-rand-97-sent teen die euro en 23-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 84-duisend-536-dolla3073-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….