Nuus 09:00
BULLETIN 27 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF veroordeel Bozell se benoeming as ambassadeur na Suid-Afrika
# Die VN verwelkom Oekraïne en Rusland se Swartsee-ooreenkoms
# En tennis: Iga Swiatek en Alexander Zverev word uitgeskakel by die Miami Ope
# Die EFF sê hy veroordeel wat hy beskryf as die uitlokkende en vyandige benoeming van Leo Brent Bozell die Derde as Amerika se ambassadeur na Suid-Afrika. Bozell het die Media-navorsingsentrum gestig, ‘n konserwatiewe waghondgroep wat vermeende liberale vooroordeel in hoofstroommedia uitlig. Die EFF sê Bozell is ʼn bekende konserwatiewe denker en verdediger van regse ekstremisme. Hy sê hy beskou die aanstelling as ʼn teken dat president Donald Trump Suid-Afrika regstreeks teiken.
# Die vakbond Giwusa sê die moontlike opheffing van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika se voordele is deel van president Donald Trump se ekonomiese oorlogvoering. Agoa laat Afrikalande toe om hul produkte belastingvry na Amerika uit te voer, maar die toekoms daarvan is in gedrang, veral weens die gespanne verhouding tussen Suid-Afrika en Amerika. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die opheffing van Agoa sal belangrike sektore soos die voertuig-, smelting- en landboubedryf raak:
# ActionSA in Johannesburg sê die Ouditeur-generaal se 2023/2024-verslag bevestig sy siening oor die metro se finansiële krisis. Die verslag beklemtoon onder meer dat die besteding aan skuldinvordering van 30-miljoen-rand tot 423-miljoen-rand opgeskiet het, terwyl elektrisiteitsverliese op 1,4-miljard-rand staan. ActionSA-woordvoerder Khomo Mashala sê dit alles word vererger deur wydverspreide wanbestuur, verkwistende uitgawes, en gebrek aan aanspreeklikheid en gevolgebestuur:
# Die Verenigde Nasies sê die ooreenkoms wat Oekraïne en Rusland bereik het oor navigasie en veiligheid in die Swartsee is ‘n noodsaaklike stap vir wêreldvoedselsekerheid. Terwyl Oekraïne ingestem het om op te hou met militêre optrede in die Swartsee het die Kremlin verreikende voorwaardes voorgestel vir die ondertekening van ‘n gedeeltelike skietstaking. Die VN se woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê hulle hoop die ooreenkoms sal bydra tot ‘n regverdige, omvattende en blywende vrede in Oekraïne.
# Tennis: Die 19-jarige promotorskeuse, Alexandra Eala, het die wêreld-nommer-twee, Iga Swiatek van Pole verslaan om haar eerste WTA-halfeindronde in die Miami Ope te haal. Sy is die eerste Filippynse speler wat ʼn toervlak-halfeindronde bereik. In die mansafdeling het die Fransman, Arthur Fils die Duitser Alexander Zverev verslaan en sy plek in die kwarteindronde bespreek. Die 14de gekeurde Bulgaar, Grigor Dimitrov, het byna drie ure gespook om Francisco Cerundolo van Argentinië te klop.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-19-sent teen die dollar, 19-rand-61-sent teen die euro en 23-rand-51-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-505-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-34-dollar-21-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 73-dollar-11-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….