Nuus 09:00
BULLETIN 14 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Openbare Beskermer verwelkom bykomende befondsing
# Nege parlementslede word beboet omdat hulle nie hul finansiële belange verklaar het nie
# En Frankryk sê hy sal wraak neem teen Trump se tariewe
# Die Kantoor van die Openbare Beskermer het ‘n toedeling van ‘n bykomende 73-miljoen-rand oor die volgende drie jaar verwelkom. Hy sê die befondsing sal sy ondersoekvermoë versterk. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het die toedeling Woensdag in sy Begrotingstoespraak aangekondig. Die Openbare Beskermer se woordvoerder, Khulu Phasiwe, sê die bykomende geld sal baie help om die begrotingsbeperkings te verlig wat ‘n negatiewe uitwerking gehad het op die instelling se vermoë om sy grondwetlike mandaat doeltreffend na te kom:
# Die Parlement se gesamentlike komitee oor Etiek en Ledebelange het besluit om nege parlementslede te berispe en te beboet. Hierdie lede het nie hul finansiële en registreerbare belange teen die sperdatum van 14 Oktober 2024 verklaar nie. Die boetes wissel tussen tien-duisend- en 12-duisend-500-rand. Die komitee sê hy is verbind om aanspreeklikheid van alle parlementslede te eis omdat die bekendmakingsproses die publiek se vertroue in die instelling bevorder.
# Die polisie het gister ‘n 55-jarige Pakistanse sakeman in Evaton gered en vier ontvoerders, waaronder twee gewese polisielede, op verskeie plekke in Gauteng gearresteer. Die man is vroeg verlede maand by sy huis in Graaff-Reinet in die Oos-Kaap ontvoer deur ʼn groep mense wat hulle as immigrasiebeamptes voorgedoen het. ʼn Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê die slagoffer het volgens berigte die persone na die naaste polisiekantoor vergesel, maar nooit teruggekeer huis toe nie:
# Frankryk sal terugveg teen enige Amerikaanse tariewe op alkoholiese drankies van die Europese Unie. Buitelandse Handel minister Laurent Saint-Martin sê hulle sal nie toegee aan dreigemente nie nadat president Donald Trump gedreig het om ‘n 200-persent tarief op wyn, sjampanje en ander alkoholiese produkte vanaf Frankryk en ander EU lande in te stel. Die Franse vereniging wat wyn- en spiritualië-uitvoerders verteenwoordig sê hulle belange word prysgegee nadat die Europese Kommissie, wat handel namens hulle lidlande behartig, heffings op Amerikaanse whisky ingestel het.
# Sokker: Manchester United is deur na die Europa-liga se kwarteindronde nadat hulle by Old Trafford met Real Sociedad afgereken het. Ruben Amorim se span het ingehaal en Real Sociedad met 4-1 en 5-2 in totaal verslaan, danksy kaptein Bruno Fernandes se driekuns en Diogo Dalot se doel laat in die wedstryd. United speel in die laaste agt teen Lyon. Tottenham Hotspur het AZ Alkmaar met 3-1 geklop. Rangers, Athletic Club en Lazio is ook deur na die kwarteindronde. Amorim was vol lof vir Fernandes:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-30-sent teen die dollar, 19-rand-84-sent teen die euro en 23-rand-68-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-en-8-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-990-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 70-dollar per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….