Nuus 09:00
BULLETIN 12 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Simelane versoek burgemeesters en LUR’e om voordeel te trek uit die Onteieningswet
# Die Parlement vra vir billikheid in die plasing van leerders by skole
# En Donald Trump staak sy plan om die tariewe op Kanadese staal- en metaalinvoere te verdubbel
# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane doen ‘n beroep op LUR’e burgemeesters en burgemeesterskomiteelede om voordeel te trek uit die Onteieningswet. Dit is deur verlate en gekaapte geboue in stadskerns oor te neem en dit in te rig vir bekostigbare huisvesting. Die departement se woordvoerder, Tsekiso Machike, sê regeringsleiers het ‘n grondwetlike verpligting om die ruimtelike plan van voor 1994 reg te stel. Hy voeg by ‘n mediumtermyn ontwikkelingsplan is goedgekeur wat ondermeer gemik is op die lewering van 100-duisend bekostigbare behuisings- en 15-duisend maatskaplike behuisingseenhede:
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys het herhaal geen leerder moet uit die skool gehou word omdat onderwysamptenare nie vir hulle plek kon vind nie. Die komitee het Dinsdag met amptenare van die Gautengse en Wes-Kaapse departemente van Onderwys vergader. Die Wes-Kaap moes teen die einde van verlede week nog plasings vir 16 Graad R-leerders en 18 Graad 8-leerders vir die huidige akademiese jaar kry. In Gauteng is daar 99 leerders wat geplaas moet word. Die komitee doen ‘n beroep vir deursigtigheid in die aansoekprosesse om regverdigheid en toegang te verseker.
# President Cyril Ramaphosa sê die herstel van Johannesburg in Gauteng is moontlik danksy samewerking tussen sake, arbeid en die burgerlike samelewing. Ramaphosa het in reaksie op vrae in die Nasionale Vergadering ‘n soortgelyke ommekeer in eThekwini in KwaZulu-Natal uitgelig, waar sleutelbelanghebbendes saamgewerk het aan infrastruktuur, misdaad en dienslewering. Ramaphosa sê banke en ondernemings is gretig om herlewing in Johannesburg te ondersteun, met pogings wat gefokus is op die verbetering van bestuur en dienslewering:
# President Donald Trump van Amerika gaan nie meer tariewe op Kanadese staal- en metaalinvoere tot 50-persent verhoog nie. Dit volg nadat die Kanadese provinsie, Ontario, nuwe tariewe van 25-persent op elektrisiteit wat hy aan meer as 1,5-miljoen Amerikaanse huishoudings en sakeondernemings verskaf, opgeskort het. Ontario lewer elektrisiteit aan Minnesota, New York en Michigan. Die Withuis se handelsraadgewer, Peter Navarro, sê die federale regering beplan steeds om van vandag af ‘n 25-persent-tarief op alle Kanadese staal- en aluminium-invoere te hef.
# Sokker: Paris Saint-Germain is deur na die Kampioeneliga se kwarteindronde na hulle Liverpool op Anfield met 4-1 met strafdoele geklop het. PSG moes terugveg van ‘n punte-agterstand van 1-0 van die laaste wedstryd in die eerste ronde van 16. Ousmane Dembele het ‘n doel in die 12de minuut van hulle 2de ronde kragmeting aangeteken vir ‘n puntetelling van een elk. PSG se doelwagter Gianluigi Donnarumma het twee strafdoele van Darwin Nunez en Curtis Jones gekeer, terwyl die besoekers met al hulle strafdoele geslaag het. Barcelona, Bayern Munich en Inter Milan is ook deur na die kwarteindronde.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-26-sent teen die dollar, 19-rand-90-sent teen die euro en 23-rand-59-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-110-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-914-dollar-30-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 69-dollar-72-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….