Nuus 09:00
BULLETIN 9 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Johannesburg-krisisalliansie steun Ramaphosa se standpunt om die stad te laat herleef
# Minister Kubayi veroordeel die moord op die fluitjieblaser Pamela Mabini
# En tennis: Svitolina lewer ‘klein oorwinnings’ vir Oekraïne met Indian Wells-sege
# Die Johannesburg-krisisalliansie sê hulle is vasberade om die stad se voormalige glorie te laat herleef. President Cyril Ramaphosa het teleurstelling uitgespreek oor die stad se verval, en bestuursmislukkings blameer. Ramaphosa het ook planne aangekondig om ‘n Presidensiële Werksgroep te stig om ‘n volledige omskepping te verseker voor die G20-spitsberaad. Neeshan Balton van die drukgroep beklemtoon dit is tyd vir aanspreeklikheid om te verseker dat Johannesburg weer behoorlik funksioneer:
# Die minister van Justisie Mmamoloko Kubayi het die moord op die gemeenskapsaktivis en fluitjieblaser Pamela Mabini veroordeel. Sy het slagoffers gesteun in die Timothy Omotoso-saak. Onbekende aanvallers het Mabini buite haar huis in Gqeberha geskiet. Die woordvoerder van die departement Terrence Manase sê die minister vra sterker regsbeskerming vir aktiviste en dat die owerhede pogings moet verskerp teen geslagsgeweld terwyl fluitjieblasers aangemoedig word om dapper te bly:
# Die DA in Gauteng verwelkom rampverligtingspogings maar maan teen korrupsie met staatsbefondsing. Die Gautengse leier Solly Msimanga sê die premier Panyaza Lesufi se betrokkenheid wek kommer weens die provinsie se geskiedenis van die wangebruik van geld. Die DA eis volle deursigtigheid in alle uitgawes wat met rampe te doen het, en noem die 431-miljoen-rand wat vermors is op die sanitering van leë skole tydens Covid-19. Die party beloof streng toesig om korrupsie te keer en te verseker die verligtingsfondse bereik die gemeenskappe wat geraak word.
# ‘n Man wat in ‘n klaarblyklike betoging teen die Big Ben-toring in Londen opgeklim het, is weer op die grond en in hegtenis geneem. Die kaalvoetman was gister amper die hele dag met ‘n Palestynse vlag op ‘n lysie verskeie meters teen die Elizabeth-toring op by die Paleis van Westminster. In die 16-en-‘n-half uur op die toring het hy videos op Instagram gedeel. Die hele Westminster-brug was gesluit terwyl amptenare in ‘n hyskraan met hom onderhandel het.
# En tennis: Elina Svitolina van Oekraïne het die Indian Wells-skare bedank vir hulle steun vir haar spel en haar land, nadat sy die Amerikaner Ashlyn Krueger in die tweede ronde met 6-1, 7-6, 6-3 geklop het. Svitolina is toegejuig al het sy teen ‘n Amerikaner gespeel en het die wedstryd met haar negende wedstrydpunt ingepalm. In ‘n onderhoud na die wedstryd het sy die skare bedank en gesê dit is lekker om klein oorwinnings vir Oekraïne te behaal. Svitolina is uitgesproke met haar steun vir haar vaderland sedert Rusland se inval drie jaar gelede.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….