Nuus 09:00
BULLETIN 8 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA verwelkom Senzo Mchunu se ondersoek na die SAPD se voortgesette indiensneming van die Mdluli-familie
# Die minister van Elektrisiteit gaan die jongste inligting oor kragopwekking bekendmaak
# En sokker: Bafana speel in Ivoorkus teen Benin in ‘n Wêreldbeker-kwalifiseerder
# Die DA verwelkom die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se onderneming om ondersoek in te stel na die SAPD se voortgesette indiensneming van Richard Mdluli se familielede. Die DA se woordvoerder vir polisie-aangeleenthede, Ian Cameron, het beklemtoon hoe belangrik aanspreeklikheid en deursigtigheid in die SAPD se misdaadintelligensie is, veral ten opsigte van finansiële ongerymdhede en onbehoorlike aanstellings. Hy sê die ondersoek sal integriteit en professionaliteit in die wetstoepassingstelsel verseker:
# City Power het aangekondig hy sal Fase 3-beurtkrag instel in lyn met Eskom se behoefte om noodreserwes aan te vul. Die kragonderbrekings sal oor die naweek voortduur. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, het klante versoek om elektrisiteit spaarsaam te gebruik, aangesien die stelsel onder druk is. Hy het gewaarsku teen moontlike vertragings terwyl die onderbrekings aangespreek word as gevolg van ‘n toename in kabeldiefstal gedurende hierdie tydperk:
Intussen sal die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, vandag die jongste inligting verskaf oor kragopwekking terwyl Suid-Afrika steeds fase 3-beurtkrag trotseer. Eskom skryf die situasie toe aan die onverwagte uitskakeling van Koeberg se eenheid-2 en steenkoolvoorsieningskwessies wat twee eenhede van Kusile raak. Die kragvoorsiener beplan om teen Maandag ses-duisend-200 MegaWatt terug te plaas in die stelsel terwyl noodreserwes oor die naweek aangevul word. Vordering en verdere herstelplanne sal na verwagting uiteengesit word.
# Botswana het sy belofte herbevestig om anti-retrovirale middels te voorsien aan buitelandse gevangenes, insluitende Suid-Afrikaners en Zimbabwiërs, ondanks die opskorting van Amerikaanse gesondheidsverligting onder die Trump-administrasie. Die woordvoerder van die ministerie van Gesondheid, Christopher Nyanga, het bevestig dat niemand wat hulp benodig sonder behandeling sal bly nie. Baie nie-regeringsorganisasies het gesluit as gevolg van die befondsing wat beëndig is. Die regering beveel aan dat die betrokke mense moet probeer om dienste by openbare gesondheidsgeriewe te bekom, om te verseker dat almal wat hulp nodig het sorg ontvang.
# En sokker: Bafana Bafana gaan later die maand in die Ivoorkus teen Benin speel in ‘n Wêreldbeker-kwalifiseerder. Die wedstryd die 25ste word gespeel op dieselfde stadion in Abidjan waar Suid-Afrika die Demokratiese Republiek die Kongo verlede jaar geklop het om brons in te palm in die Afrikabekertoernooi. Benin moes sy tuiswedstryd verskuif weens ‘n gebrek aan stadions wat geskik is vir ‘n internasionale kragmeting. Nog 17 Afrika-spanne kan nie tuis speel nie weens stadions wat nie aan vereistes voldoen nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….