Nuus 09:00
BULLETIN 22 Februarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Pro-Palestynse saamtrek vind in Seepunt plaas om Trump se houding oor die Palestyne in Gaza te verwerp
# Die minister van Landbou herhaal bek-en-klouseer is nie ‘n bedreiging vir mense nie
# En sokker: Banyana Banyana is gereed vir die vriendskaplike wedstryde teen Lesotho voor WAFCON
# ‘n Pro-Palestynse massasaamtrek word vandag gehou in Seepunt, naby die Mandela-brille. Dit is in reaksie op die Amerikaanse president Donald Trump se plan om Palestyne uit Gaza te dwing. Martin Jansen van die Palestynse Solidariteitsveldtog beklemtoon die stryd word heftiger. By die saamtrek sal die anti-apartheidsaktivis, Frank Chikane, ‘n leierskapverslag verskaf oor die Staatsdienskommissie se voortgesette pogings vir Palestynse solidariteit.
# Die minister van Landbou John Steenhuisen het die publiek verseker dat die bek-en-klouseersiekte wat in KwaZulu-Natal versprei nie mense raak nie en nie verband hou met die virus wat ‘n uitwerking op skole het nie. Steenhuisen het aan die media bevestig rooivleis is veilig om te eet maar beklemtoon die dringendheid van die beheer van die uitbreking omdat dit Suid-Afrika se uitvoerpotensiaal bedreig, veral na markte in Asië:
# Die UDM verwelkom die Middestadse Herlewingsprogram van Johannesburg, wat deur burgemeester Dada Morero aangekondig is. Die inisiatief sal stedelike verval aanspreek, infrastruktuur verbeter en orde herstel. UDM-woordvoerder, Yongama Zigebe, onderstreep die behoefte aan ‘n langtermynstrategie na opruiming op die korttermyn. Zigebe vra vir beleggings in behuising, infrastruktuur, wetstoepassing en afvalbestuur om blywende transformasie te verseker. Hy versoek ‘n permanente taakspan om toesig te hou oor deurlopende projekte vir stedelike vernuwing.
# Die Russiese president Vladimir Putin sal nie die 2025 spitsberaad van die G20 in Suid-Afrika bywoon nie, soos voorheen verwag is. Die besluit is weens ‘n hangende lasbrief deur die Internasionale Strafhof oor beweerde oorlogsmisdade. Suid-Afrika, wat die hof se Rome-statuut onderteken het, behou neutraliteit in die oorlog tussen Rusland en Oekraïne, maar sit sy bande met Moskou voort. Putin het voorheen die 2023 BRICS-spitsberaad in Johannesburg ook vermy weens soortgelyke regskommer. Die Strafhof beskuldig hom van die onwettige deportasie van Okraïnse kinders en sê hy is moontlik individueel strafregtelik aanspreeklik.
# En sokker: Die kampioen van die Afrikabeker vir Vroue, Banyana Banyana, speel twee vriendskaplike wedstryde teen Lesotho in Johannesburg. Die wedstryde is vir vandag en Dinsdag gereël en is deel van ‘n oefenkamp van nege dae voor WAFCON 2025. Afrigter Desiree Ellis wil die wedstryde wen as deel van die finale voorbereiding vir die toernooi in Marokko van 5 tot 26 Julie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….