Nuus 09:00
BULLETIN 16 Februarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU staan ferm by Cyril Ramaphosa en die regering om Suid-Afrika se waardes te beskerm
# Die Vereniging van Staatsamptenare versoek die minister van Verdediging om nie personeel na die onveilige Bester-gebou in Pretoria te verskuif nie
# En, die DA in die Wes-Kaap sê polisiehonde is instrumenteel in die stryd teen misdaad
# Cosatu sê hy staan bankvas agter president Cyril Ramaphosa en die regering om Suid-Afrika se waardes en sy mandaat vir transformasie te verdedig.Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê geen land mag toegelaat word om die mense van Suid-Afrika voor te skryf nie. Hy sê die federasie is ‘n robuuste en uitgesproke demokrasie, en sal geen pogings duld om die land te intimideer nie:
# Die Vereniging van Staatsamptenare doen ‘n beroep op die minister van Verdediging, Angie Motshekga, om die verskuiwing van die Departement van Verdediging se infanterie- en weermagondersteuningsafdelings na die brandbeskadigde Bester-gebou in Pretoria te stop. Die vereniging beweer die gebou, wat ná ‘n brand in 2013 onveilig verklaar is, is steeds erg vervalle met bedrading wat blootgestel is, stukkende hysbakke en vandalisme. Claude Naiker van die vereniging waarsku regstappe sal gedoen word indien die verskuiwing nie gestop word nie:
# Die DA in die Wes-Kaap sê polisiehonde word as ‘n magsvermenigvuldiger beskou en is instrumenteel in die stryd teen misdaad op die Kaapse Vlakte, veral met betrekking tot dwelms, wat verder help om bende-verwante misdaad te bestry. Nicholas Gotsell van die DA sê die polisie het baie toegewyde hondehanteerders wat verhinder word om hulle passie uit te leef want hulle het nie honde nie:
# M23-rebelle het Bukavu, die tweede grootste stad in die oostelike streek van Demokratiese Republiek die Kongo ingeval. Die leier van die Congo River Alliance wat die M23 rebelle insluit, Corneille Nangaa, het aan Reuters gesê hulle het die Suid-Kivu provinsiale hoofstad oor die naweek binnegeval. Die Rwandese-ondersteunde militante oorname kom ten spyte van ‘n skietstilstand en die hervatting van vredesondehandelinge. Honderde-duisende mense is in die laaste weke uit hulle huise gedwing. Dertien Suid-Afrikaanse soldate, wat lede was van SADC se streeksvredesmag, is in die konflik dood.
# Rugby: Die Haaie het met ‘n bonuspuntoorwinning oor die Bulle in hulle Verenigde Rugbykampioenskap derby op Loftus Versveld geseëvier. Die Haaie het drie drieë kort na mekaar in die tweede helfte aangeteken wat die Bulle met 29-19 op hulle tuisveld laat verloor het. Die halftydtelling was 10-7 in die Haaie se guns. Vroeër in Johannesburg het die Lions die Stormers met 30–23 geklop. Die Bulle is nou op die derde plek in op die punteleer in die kampioenskap en die Lions vierde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….