Nuus 09:00
BULLETIN 12 Februarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Departement van Korrektiewe Dienste ontwikkel ‘n plan teen ontsnappings
# Minister Macpherson is vol vertroue oor die Tesourie se hupstoot vir infrastruktuurbefondsing
# En Netanyahu waarsku oor die beëindiging van die skietstilstand
# Die Departement van Korrektiewe Dienste sê hy het al die Openbare Beskermer se aanbevelings nagekom om ‘n strategie te ontwerp wat ontsnappings voorkom. Die departement het die Parlement Dinsdag ingelig oor sy aksieplan om die aanbevelings in die Openbare Beskermer se verslag oor Thabo Bester se ontsnapping uit die Mangaung-gevangenes in die Vrystaat, na te kom. Pheladi Kekana van die departement sê hulle het ook riglyne opgestel om sekerheidsvoorvalle, voorkoming van korrupsie en bedrog, en fluitjieblaser-beleidsprosedures te hanteer:
Die DA sê intussen die Departement van Korrektiewe Dienste se nakoming van die Openbare Beskermer se remediërende aanbevelings in die verslag oor Thabo Bester se ontsnapping, is onbevredigend. Die departement het sy voorkomingsplan Dinsdag in die Parlement bekendgemaak. Die DA sê die dokumente bevat nie beslissende optrede om ontsnappings in die toekoms te voorkom of teenkorrupsieprosedures in die departement te versterk nie. Hy sê hy sal aan die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, skryf en ʼn gedetailleerde verduideliking vra van onmiddellike maatreëls wat sy departement gaan instel om in die toekoms ontsnappings soos Bester s’n te voorkom.
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, verwelkom die Tesourie se wysigings aan die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Dit vereenvoudig goedkeurings vir Openbare-Privaat Vennootskappe onder twee miljard-rand. Hierdie hervormings is daarop gemik om tydens die sewende administrasie 100-miljard-rand se privaat befondsing vir infrastruktuur te lok. Die veranderinge tree in Junie 2025 in werking tree en aanvaar ook ongevraagde aanbiedinge, wat prosedurele hindernisse verminder. Macpherson beskryf dit as ʼn ‘n kritieke stap om die Suid-Afrikaanse ekonomie te laat groei, werk te skep en belegging deur die privaat sektor te bevorder.
# Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu waarsku dat die Gaza skietstilstandooreenkoms sal eindig as Hamas soos beplan nie nog gyselaars Saterdag vrylaat nie. Dit volg na Hamas Maandag gesê het hy sal die vrylating van Israelse gyselaars onbepaald vertraag weens verbrekings van die skietstakingsooreenkoms. Daar is 76 gyselaars oor wat die militante groep in Gaza aanhou, maar slegs drie sou Saterdag vrygelaat word. Netanyahu sê hy het sy weermag opdrag gegee om op hoogste gereedheidsgrondslag te wees vir enige gebeure in Gaza.
# Sokker: Die verdedigende kampioene, Real Madrid, het vir Manchester City ingehaal om hulle met drie-twee in ‘n uitspeelwedstryd op die Etihad-stadion te klop. Erling Haaland het City se eerste punte aangeteken, maar Madrid het teruggeslaan met Kylian Mbappe. Dit het gelyk asof Haaland die wedstryd vir City sou beklink met ‘n strafskop, maar met slegs vier minute oor het Brahim Diaz die telling gelykop gemaak voor Jude Bellingham die wendoel aangeteken het. PSG, Juventus en Borussia Dortmund het ook hulle uitspeelwedstryde gewen. Madrid se bestuurder, Carlo Ancelotti is tevrede:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-51-sent teen die dollar, 19-rand-18-sent teen die euro en 23-rand-4-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-401-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-888-dollar-94-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 76-dollar-55-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….