Nuus 09:00
BULLETIN 10 Februarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC veroordeel die VSA wat in Suid-Afrika se slaai krap
# Meer as 20-duisend wit Suid-Afrikaners doen navraag oor hervestiging in die VSA
# En rugby: Ierland maak seker van hul oorwinning teen Skotland
# Die ANC het die Amerikaanse regering se volgehoue inmenging in Suid-Afrika se sake ten sterkste veroordeel. Amerika se president, Donald Trump, het Vrydag alle finansiële hulp aan Suid-Afrika opgeskort weens die Onteieningswet. Hy het ook bekendgemaak dat sy administrasie Afrikaner-vlugtelinge in Amerika wil hervestig. Die ANC sê dié optrede is ‘n regstreekse aanval op die land se soewereiniteit en gebiedsintegriteit. Hy sê elke nasie het nog altyd die reg om sy eie bestemming te bepaal, vry van buitelandse inmenging.
Die Suid-Afrikaanse Sakekamer in Amerika sê intussen hy het meer as 20-duisend navrae van Suid-Afrikaners ontvang wat hulle in Amerika wil hervestig. Dit volg nadat Trump die hervestiging van Afrikaners in Amerika geprioritiseer het wat slagoffers is van rasse-diskriminasie. Die sakekamer-president, Neil Diamond, het aan die SABC gesê ‘n massa-uittog van vaardige professionele boere uit Suid-Afrika kan moontlik plaasvind:
# Die DA in Gauteng sê hy gaan vandag ‘n klag by die Menseregtekommissie indien teen Ekurhuleni se Departement van Water en Sanitasie omdat verskaffers van emmertoilette by informele nedersettings nie betaal word nie. ʼn DA-woordvoerder, Refiloe Nt’sekhe, sê die departement betaal verskaffers nie gereeld nie. Sy voeg by dat verskaffers gevolglik sukkel om die toiletgeriewe te onderhou, wat inwoners sonder toegang tot sanitasie laat:
# Rugby: Ierland se tydelike hoofafrigter, Simon Easterby, het sy span geloof na hul bonuspunt-oorwinning van 32-18 oor Skotland in die Sesnasies-reeks op Murrayfield. Ierland se sege is te danke aan Calvin Nash, kaptein Caelan Doris, James Lowe en Jack Conan se drieë, plus 12 punte wat die nuweling, losskakel Sam Prendergast, bygedra het. Die span kan vir die derde agtereenvolgende keer die titel opraap. Easterby sê die spelers het gedoen waaraan hulle geoefen het:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-49-sent teen die dollar, 19-rand-8-sent teen die euro en 22-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-en-38-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-876-dollar-93-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 74-dollar-95-sent per vat.
# En ter afsluiting: Die Nasionale Vergadering se speaker, Thoko Didiza, en die Nasionale Raad van Provinsies se voorsitter, Refilwe Mtshweni-Tsipane, beskryf die eerste president van demokratiese Namibië, Sam Nujoma, as ʼn rewolusionêre leier. Die 95-jarige Nujoma is die naweek in ʼn Windhoekse hospitaal dood. Hy het ná Namibië se onafhanklikheid en vryheid in 1990 vir 15 jaar as die land se eerste demokraties verkose president gedien. Die Parlement se voorsittende beamptes sê Nujoma was sy lewe lank ʼn aktivis vir vryheid en kampvegter van maatskaplike geregtigheid en ʼn regverdige nuwe wêreldorde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….