Nuus 09:00
BULLETIN 6 Februarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die veiligheidstrukture is vol vertroue dat die Staatsrede vreedsaam sal verloop
# Trump verbied transgender-vroue in vrouesport
# En tennis: Daniil Medvedev word uitgeskakel by die Rotterdam Ope
# Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê hy is vol vertroue dat die nodige sekerheidsontplooiing en -planne gereed is om ‘n vreedsame en veilige Staatsrede te verseker. President Cyril Ramaphosa lewer vanaand sy Staatsrede in Kaapstad. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê wetstoepassers sal geen ontwrigting toelaat of verdra nie:
Die Congress of the People sê intussen hy is bekommerd oor die Staatsrede omdat die regering voortgaan om Suid-Afrika ekonomies en maatskaplik te vernietig. COPE-woordvoerder, Pakes Dikgetsi, sê die Staatsrede is jaar na jaar ʼn verhoog vir grootste toesprake, leë beloftes en vals hoop terwyl die werklikheid op grondvlak vir miljoene landsburgers erger word:
# Die provinsiale regering in Gauteng het bekendgemaak 309 nuwe klaskamers word bygevoeg om tienduisend-506 leerders in 2025 te akkommodeer. Die LUR vir Infrastruktuurontwikkeling, Jacob Mamabolo, het onthul nog 58 opgeknapte klaskamers sal eenduisend-972 leerders bedien. Die inisiatief is deel van die Rehabilitasie- en Opknappingsprogram om oorbevolking uit te skakel, onderrig-omstandighede te verbeter en asbesstrukture te vervang. Projekte sluit in nuwe skole in Soweto, Mamelodi en Sedibeng. Die departement sê hy bly daartoe verbind om Gauteng se groeiende vraag na gehalte onderwysinfrastruktuur aan te spreek.
# President Donald Trump het ‘n uitvoerende bevel onderteken wat transgender vroue verbied om aan vrouesport deel te neem. Die bevel bemagtig die Departement van Onderwys om ondersoek in te stel hoe skole Title IX toepas. Dit is ‘n Amerikaanse wet wat geslagsdiskriminasie in onderwysprogramme wat deur die federale regering befonds word verbied. Dit vervang ook die Biden-administrasie se gids oor ‘n burgerregtewet wat geslagsdiskriminasie in onderwysprogramme en aktiwiteite wat fondse van die federale regering ontvang, voorkom. Trump sê die oorlog in vrouesport is nou op ‘n einde:
# Tenns: Die Italianer Mattia Bellucici het die voormalige wêreld nommer een van Rusland, Daniil Medvedev uitgeskakel om na die kwarteindronde van die Rotterdam Ope in Nederland deur te dring. Die 23-jarige het die 2023-kampioen verslaan om sy eerste loopbaanoorwinning teen ‘n top-tien-teenstander te behaal. Hubert Hurkacz het intussen sonder probleme na die kwarteindstryd deurgedring toe die Tsjeg Jiri Lehecka weens ‘n besering van die wedstryd moes onttrek. Hurkacz het toe voorgeloop. Carlos Alcaraz, Alex de Minaur, Stefanos Tsitsipas en Holger Rune is almal vandag in aksie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-56-sent teen die dollar, 19-rand-28-sent teen die euro en 23-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-662-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-868-dollar-72-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 74-dollar-48-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….